FOTO: Instagram @selenagomez

FOTO: Instagram @selenagomez

Modestories

Jou winterklere: sorteer en ruil slim!

Nie almal kan bekostig om te shop tot ons drop nie! En ons wil ook nie, want ons moet meer volhoubaar lewe en die planeet help beskerm. Gelukkig is daar ander maniere om nuwe winteruitrustings te kry – sonder om jou kredietkaart in die rooi te laat steier.

Maklike stappe vir ’n nuwe winterklerekas

#1 Sorteer uit

Sorteer jou ou winterklere in verskillende hopies:

Gooi weg. Skenk. Verkoop. Hou. Maak reg.

Hierdie stap gaan dit vir jou makliker maak om te weet watter items jy nog nodig het vir die maande wat voorlê.

 

#2 Ruil uit

Reël met jou vriendin(ne) om al die klere wat hulle nie meer dra nie in ’n tas te pak. Doen dieselfde met jou klere en ruil dan tasse uit. Moenie jou lelikste en stukkendste klere in die tas pak nie – want dit is ook nie wat jy in ruil wil hê nie!

 

#3 Vaar in jou ma, suster of flatmate se kas in

Jou ma, suster of huismaat sal nie omgee om ’n paar kledingstukke vir jou te leen nie. Die goue reël is om die items terug te gee, en in ’n goeie toestand, anders kan jy daarvan vergeet om weer iets te leen.

 

#4 Maak reg

Daardie jeans, rok, romp ensovoorts wat jy nou al jare hou om te laat regmaak … Nou is die tyd. Dit is baie goedkoper as om ’n nuwe item te gaan koop.

 

#5 Die einde-van-die-seisoen-uitverkoping

Koop nou winteritems by uitverkopings vir volgende jaar – of selfs nog vir vanjaar, want die koue gaan nog ’n rukkie by ons wees. Jy kan tot 75% spaar. Bargain!

 

#6 Fantastiese vintage

Vintage is gróót en jy mag dalk ’n goue skat vind!

Lees hoekom aktrise Rolanda Marais vintage koop in die Augustus-uitgawe van SARIE. Vanaf 11 Julie op die rak.

Lees nou

4 wenke: Kikker só jou WhatsApp-chemie op!

13 stylvolle jasse vir winter

Nicole Kidman se ewebeeld