Modestories

Goeie nuus: Jy kan dié somer-items in herfs dra

Platsak en hande in die hare, want jy kan nie nou al nuwe winterklere bekostig nie? Gelukkig is herfs hier om ons voor te berei vir die winter en jy kan steeds dié somer-items dra.

Ons almal probeer spaar waar ons kan en trek eerste die streep by luukse items soos nuwe klere. Jy kan die komende winter spaar deur somerklere te dra. Die groot geheim is: Laag op laag, en die regte stilering van uitrustings.

Hier volg ons lys van somer-items en wenke hoe om dit te stileer:

Maksirok

Dra ’n polonektop of ’n denimhemp onder jou maksirok. Jy kan ook ’n snoesige bonkige trui bo-oor dit dra met ’n paar stewels.

Só kan jy die maksirok dra:

uitrusting 1/04/04/2016

Hemprok

Jy kan ’n polonek onder jou hemprok dra, met ’n paar warm sykouse daarby. Of jy kan net sykouse by die rok aantrek, met ’n trui bo-oor en ’n warm jas of baadjie. Onthou dat jy jou hemprok ook bo-oor ’n langbroek kan aantrek. En hoëbeen-stewels is altyd ’n wenner saam met ‘n oorgroot jas!

Hoëbeen-stewels laat jou bene langer lyk!

Dra die hemprok só vir herfs:

SW uitrusting 2/04/04/2016

Culotte (broekrok)

Enkels wys is nog aanvaarbaar in die herfs! Dra die culotte saam ’n polonek, moulose jas en enkelstewels vir ’n modieuse voorkoms. Jy kan ook ’n hemp, bloes, leerbaadjie of selfs ’n jas daarby aantrek vir ’n herfsvoorkoms.

’n Idee vir herfsvoorkoms met ’n culotte:

WS uitrusting 3/ /04/04/2016

Midiromp

Midirompe is groot en iets wat ons almal teen dié tyd het. Gelukkig is dit ’n item wat jy heeljaar kan dra. Dra dit saam met ’n hemp of selfs ’n bonkige trui met ’n leerbaadjie en enkelstewels. Indien jy jou uitrusting heeltemal wil opkikker, dra visnetkouse onder jou romp.

Só sal SARIE se modespan die midiromp dra:

ws uit 4 /04/04/2016

Koop hier die items:

Palmsak van Mimco, Woolworths (R799)

Palmsak, Mimco by Woolworths

Polonektop, Woolworths (R399)

Polonek,Woolworths

Hoed, H&M (R349)

Hoed,H&M

Stewels, H&M (R2 299)

Maksirok, H&M (R899)

Jas van Mango, Spree (R1 849)

Jas , Mango by spree.co.za

Hemprok van Mango, Spree (R699)

Hemprok, Mango by spree.co.za

Hoëbeen-stewels, Foschini (R899)

Serp, H&M (R149)

Serp,H&M

Hoed , H&M (R349)

Hoed,H&M

Culotte, H&M (R599)

Hemp van Trenery, Woolworths (R899)

Hemp, Trenery by Woolworths

Moulose jas van Style Republic by Spree (R449)

Moulose jas, Style Republic by spree.co.za

Enkelstewels, Spitz (R3 995)

Serp van H&M (R149)

Serp,H&M

Midi-romp van Witchery, Woolworths (R1 299)

Midi-romp, Witchery by Woolworths

Bonkige trui van Country road, Woolworths (R999)

Bonkige trui, Country Road by Woolworths

Ooptoon-enkelstewels van Spitz (R2 995)