Gratis bylae: Mode en skoonheid se seisoentreffers

SARIE Oktober 2011

Kry jou gratis mode- en skoonheidsbylae saam met jou Oktober-uitgawe van SARIE. Ons verklap al die moet-hê's vir somer!

ISABELLA NIEHAUS, vryskut-moderedakteur

Isabella Niehaus

"Dis ’n helder somer wat voorlê met style en snitte vir elkeen se smaak. Daar is ouwêreldse kant en kolle en strikke en strak moderne lyne. Moenie bang wees om patrone en kant te kombineer nie. Dra skel kleure saam met meer natuurlike skakerings. Die wighak, groot sonhoed en ’n laai vol serpe is moet-hê’s.

So ook ’n lang maksirok. Als is nie vir elke figuur nie – soek en speel tot jy kry wat perfek is vir jóú en waarin jy goed voel. Onthou hoe belangrik proporsies is. Moenie die eerste die beste ding koop nie, loer rond!

Geniet jou somer."

Rooi oorbelle (R130), Lulu BelleGestreepte wighakke (R380), Inwear @ TRUWORTHS

MARISKA VAN ROOYEN, SARIE-skoonheidsredakteur

Mariska van Rooyen

"Skud die lang, koue winter af 
met ’n skoonheidspalet van helder, glansende kleur. As dit nie jou oë is wat goud skitter nie, doen jou lippe die praatwerk met ’n helder 
rooi, fuchsia of koraal. Wimpers flankeer met maskara wat verleng, terwyl ons die helder sonskyn vier sonder om te verbrand.

Met slim velsorg kan 
jy leer hoe om jou vel ná die winter te hernu, terwyl jou sintuie geïnspireerd bly met die nuutste geure."

Bourjois Smoky Eyes Eyeshadow Trio in Baroque (R116)Bloom Lip Duo in You & Me (R170)

Verwante artikels

  • Die nuwe rooi reëls . . .

    Die nuwe rooi reëls . . .

    SARIE - Oktober 2009

  • Die nuwe sexy

    Die nuwe sexy

    SARIE - November 2010

    Linda O’Connell, grimeerkunstenaar vir Maybelline NY in Suid-Afrika, glo die X-faktor kan ook uit 'n bottel kom.

  • Goue grimering by Cannes

    Goue grimering by Cannes

    SARIE Mei 2011

    Die 64ste jaarlikse filmfees in Cannes, Frankryk, is reeds aan die gang. En L’Oréal Paris is daar om dit 'n goue geleentheid te maak.

  • Ken jou veltipe

    Ken jou veltipe

    Kommentaar: 4

    Volg dié riglyne van die Amerikaanse grimeerkunstenaar Bobbi Brown om jou veltipe te bepaal en jou vel die regte sorg te gee.

  • Kleur die lente

    Kleur die lente

    SARIE - September 2008

    Verwelkom die sonskyndae met die kleur en geur van heerlike vogrome en iets nuuts vir jou lippe

  • Son-vriendelik en slim

    Son-vriendelik en slim

    SARIE - Oktober 2009

    Die weelde van somerson verdryf die winterkoue finaal, gee nuwe energie en maak jou lus vir die lewe. Maar jy moet jou sonstorie ken om die nadele te vermy. Debbie D'Aquino, adjunk-president van produkontwikkeling by Clinique, gee die feite.

Galery

  • SARIE Mode- en skoonheid Somer 2011
  • Isabella Niehaus
  • Mariska van Rooyen
  • Rooi oorbelle (R130), Lulu Belle
  • Gestreepte wighakke (R380), Inwear @ TRUWORTHS
  • Bourjois Smoky Eyes Eyeshadow Trio in Baroque (R116)
  • Bloom Lip Duo in You & Me (R170)

Kommentaar