f_bsummer2011coverpage
Modestories

Gratis bylae: Mode en skoonheid se seisoentreffers

ISABELLA NIEHAUS, vryskut-moderedakteur

Isabella Niehaus

“Dis ’n helder somer wat voorlê met style en snitte vir elkeen se smaak. Daar is ouwêreldse kant en kolle en strikke en strak moderne lyne. Moenie bang wees om patrone en kant te kombineer nie. Dra skel kleure saam met meer natuurlike skakerings. Die wighak, groot sonhoed en ’n laai vol serpe is moet-hê’s.

So ook ’n lang maksirok. Als is nie vir elke figuur nie – soek en speel tot jy kry wat perfek is vir jóú en waarin jy goed voel. Onthou hoe belangrik proporsies is. Moenie die eerste die beste ding koop nie, loer rond!

Geniet jou somer.”

Rooi oorbelle (R130), Lulu BelleGestreepte wighakke (R380), Inwear @ TRUWORTHS

MARISKA VAN ROOYEN, SARIE-skoonheidsredakteur

Mariska van Rooyen

“Skud die lang, koue winter af 
met ’n skoonheidspalet van helder, glansende kleur. As dit nie jou oë is wat goud skitter nie, doen jou lippe die praatwerk met ’n helder 
rooi, fuchsia of koraal. Wimpers flankeer met maskara wat verleng, terwyl ons die helder sonskyn vier sonder om te verbrand.

Met slim velsorg kan 
jy leer hoe om jou vel ná die winter te hernu, terwyl jou sintuie geïnspireerd bly met die nuutste geure.”

Bourjois Smoky Eyes Eyeshadow Trio in Baroque (R116)Bloom Lip Duo in You & Me (R170)