Modestories

Dra jou kunspels met flair

Kunspels is gróót vir winter. Ja, dit hou jou snoesig én op trend! Jy kan dit vir byna enige geleentheid gebruik. Kunspels-items is nie meer net vir formele of spesiale geleenthede nie.

Ons kunspelswenke vir jou:

#1 Moenie bang wees vir ’n luiperdvelmotief-kunspels nie.

Luiperdvelpatroon word deesdae beskou as klassiek. Indien jy skrikkerig is om die patroon aan te koop, kies ’n jas met ’n fyner luiperdmotief.

 

#2 Vermy kort kunspels-jasse/baadjies as jy kort is

Kort baadjies of jasse laat jou baie korter lyk. Kry verkieslik ’n kunspelsjas van heuplengte of langer.

#3 Waag dit met kleur

Gekleurde kunspels-jasse/baadjies is groot. Maar indien jy een in kleur wil aanskaf, moet jy seker maak dit pas by die kleurkombinasies in jou klerekas. Kunspels-items is duur en jy wil dit by meer as een uitrusting kan dra.

#4 Skrikkerig vir kunspels? Koop eers ’n item met kunspels-afwerking

Party vroue sukkel om gewoond te raak aan die kunspels-trend. Koop eers vir jou ’n jas of baadjie met iets soos ’n kunspels-kraag. Dit sal jou vinnig laat besluit of jy wel van die tendens hou.

#5 Kunspels-jasse of -baadjies in natuurlike kleure is altyd ’n wenner.

 

#6 Kunspels-jasse/baadjies pas by die meeste staatmaker-items

Dink hier aan items soos jeans, T-hemde en jou swart rok. Moenie dink jy is beperk met keuses van wat jy saam met jou kunspels-jas kan dra nie.

 

#7 Indien jy wil uitstaan, kry ’n kunspels-jas/baadjie met ’n patroon wat anders is.

Hou balans in gedagte wanneer jy iets daarby dra. Moenie jou uitrusting “oordoen” nie.

 

Twee praktiese ekstra wenke:

#8 Kunspels-items gee hare af

Moenie jou kunspels-jas/baadjie langs donker items verpak of hang nie. Kunspels-items gee ongelukkig dikwels hare af en dit kan ’n nagmerrie wees om die hare te verwyder.

#9 Lees die instruksies vóór jy dit in die wasmasjien gooi.

• Die meeste kunspels-items moet met die hand gewas word.
• Vermy dit om die tuimeldroër te gebruik as jy die jas wil droog kry. Hang eerder jou jas op.
• Kam die kunspels uit as jy dit klaar gewas het.
• Was jou kunspels-item apart van ander items.

 

Koop hier die modespan se gunsteling-jasse en -baadjies van kunspels:

Kunspels-jas (R1 999)

Kunspels-jas , Mango by spree.co.za

Jas met kunspels-kraag (R729)

Jas met kunspels-kraag, Style Republic by spree.co.za

Kunspels-gilet (R269, 99 )

Kunspels-gilet , Mr Price/ mrp.com

Kunspels-jas (R1 299)

Zara

Kunspels-baadjie (R1 099)