Heidi Klum FOTO: Gallo Images / Getty Images

Modestories

Heidi Klum se toutjiesrok – JA of NEE?

Supermodel en TV-aanbieder Heidi Klum het op die rooi tapyt van die Creative Arts Emmy-toekennings aandag getrek. Haar rok was geheel en al uit toutjies gemaak.

Dié rok is deur die Project Runway-deelnemer Sean Kelly vir Heidi gemaak. Sy is ook die aanbieder van dié werklikheidsreeks wat ontwerpers se talente toets. En omdat die rok net tot sy volle reg kom as sy beweeg, het sy omtrent gedraai en geswaai op die rooi tapyt.

FOTO: Instagram  @heidiklum

FOTO: Instagram @heidiklum

Sommige mense dink dié rok was nie so geslaagd nie en het dit vergelyk met die instrumente van ’n motorwassery!

Nou kan jy jou mening gee – is Heidi se uitrusting ’n treffer of ’n flop? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad.

FOTO: Instagram  @heidiklum

FOTO: Instagram @heidiklum

  • Dalene van Rhyn-van Heerden

    Ek is mal daaroor … !!!

  • Lilian

    Lyk vir my maar bra na ‘n blou bottlebrush

  • sussan

    miskien 2 vir die prys van 1 tipe rok ? my volstruisverestoffer het meer aan die lyf….!