Madonna in jeans. FOTO @madonna_instagram

Madonna in jeans. FOTO @madonna_instagram

Modestories

Só het jeans in jou geboortejaar gelyk …

Jeans het oor die jare ontwikkel van ’n werkersuniform, veral vir mynwerkers, tot ’n mode-item wat elkeen moet hê. 

Het jy geweet? Die eerste jeans vir vroue is in 1934 deur Levi bekend gestel, 81 jaar nadat die eerste jeans vir mans verskyn het.

Die groot jeans-style oor die dekades

1950’s

Jeans bereik vir die eerste keer kultusstatus toe bekende aktrises soos Marilyn Monroe, Doris Day en Jane Russell dit dra. Die 50’s-snit jeans was baie lospassend en die pype was opgerol. Wilde Weste-flieks het ’n groot rol gespeel in die gewildheid van jeans.

Marilyn Monroe in haar jeans – 1954

Het jy geweet? Die eerste prinses is ook in die 1950’s met jeans gesien: prinses Alexandra van Kent.

1960’s

Jeans is nou ’n alledaagse klerekas-item vir informele gemak, en die eerste stewelsnit sien die lig.

Britse popster Pauline Boty in haar stewelsnit-jeans – 1963

 

1970s

Ná die hippie-era in die 1960’s was uitklok-jeans met ’n hoë middellyf in die vroeë 1970’s ’n gewilde mode-item. In die laat sewentigs maak dit toe ’n gróót ommekeer en ons sien die eerste noupassende jeans met ’n hoë middellyf.

Aktrise Jane Birkin in uitklok-jeans – 1973

Madonna in noupassende swart jeans – 1979

 

1980’s

Rockgroepe soos Guns N Roses, Bon Jovi en U2 het ’n groot invloed op die jeans in dié era. Vir die eerste keer is stukkende en uitgewaste jeans die moet-hê-item vir elke jongmens.

Sangeres en aktrise Cher in haar stukkende, uitgewaste jeans – 1987

 

1990’s

Jeans is mediumblou met reguit pype en ’n hoë middellyf. Vandag noem ons dié snit “mommy”-jeans.

Goldie Hawn in haar “mommy”- jeans – 1992

2000’s

Die bokant van die broek sit al hoe laer op die heupe. In die 2000’s is die heupsnit gewild. Ongeag of jy nou ’n noupassende snit, stewelsnit of reguitpyp dra, ’n stukkie van jou maag het gewys.

Kate Moss in heupsnit jeans – 2005

 

2010 – 2015

Jeans is gróót. Snitte en kleure verander soos die modetendense elke seisoen verander. Noupassende jeans is een van die gewildste snitte en is te kry in byne elke kleur en met verskillende afwerkings. En soms word dié snit afgewissel deur die kêrelsnit-jeans.

Die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, dra selfs noupassende jeans na informele koninklike geleenthede – 2013. 

Rihanna in gemaklike kêrelsnit-jeans – 2014

Deur die jare was daar klein veranderinge, soos die middellyf wat hoër of laer was, of die pype wat nouer of wyer gesny was, of interessante afwerkings.

Gaan lees gerus hier om uit te vind watter spesifieke styl groot was in jou geboortejaar. 

Bron: Town & Country

Lees nou

Kan jy glo: jeans van plastiek! 

Die groot debat: om jeans te was of nie

Skrikwekkende denim-uitrustings