Green Cross

Green Cross

Modestories

Het jy dit geweet van dié skoene?

Skoene sinoniem met styl, gehalte en gemak. Regte staatmakers, en boonop eg Suid-Afrikaans. Ons praat van die Green Cross-handelsmerk, wat skoene op eie bodem in Kaapstad vervaardig.

‘n Verhaal in syfers:

13 werkstasies is waar een skoen of stewel deurbeweeg voordat dit voltooi is.

30 dele is waaruit ‘n skoen of stewel min of meer bestaan, en ‘n sandaal het sowat 20 dele.

35 winkels landwyd.

41 jaar oud Green Cross het in 1975 in Kaapstad ontstaan.

55 minute is hoe lank dit gemiddeld neem om een skoen of stewel te maak, na gelang van hoe ingewikkeld die ontwerp is.

704 werkgeleenthede word in Suid-Afrika deur Green Cross verskaf, waarvan 553 permanent is.

2 000 pare skoene of stewels word elke werkdag deur Green Cross vervaardig.