SARIE Julie-uitgawe FOTOGRAAF:Justin Badenhorst

SARIE Julie-uitgawe FOTOGRAAF:Justin Badenhorst

Modestories

Opmars van die maksiromp

Die gewildheid van maksirompe kom en gaan oor dekades heen. En dit is nou weer ín – met mening!

Danksy die boheemse 70’s- en 90’s-trends sien ons die maksiromp nou oral. Steek weg jou bene, want dít is die nuwe sexy.

6 maksiromp-style wat jy die winter moet probeer:

 

#1 Victoriaanse inspirasie

Victoriaans geïnspireerde blommotiewe en elegansie is groot.

 

#2 Lok die kraaie

Die blinker-maksiromp is ’n winskopie. Jy kan dit na verskillende formele geleenthede dra en elke keer anders lyk.

 

#3 Oorgroot items bo-oor ’n maksiromp (laag op laag)

Dis nou ’n trend om met teksture te speel, maar het jy geweet jy kan ook met groottes en snitte speel?

 

#4 Fraiings

Fraiings is deel van die boheemse tendens en iets wat jy móét dra, so hoekom nie op jou romp nie?

 

#5 Maatjie-maatjie

Ja, kry vir jou ’n maksi-uitrusting met ’n eenderse romp en top.

 

#6 Wit hemp

’n Wit hemp en maksiromp gee jou uitrusting gou ’n formele voorkoms.

 

Maak solank gereed, die maksiromp is op pad!