Modestories

Skoene wat jy móét hê op 30!

Kom ons wees eerlik, die meeste vroue het ’n ou sagte plekkie vir ’n mooi paar skoene. Maak nie saak of dit hakskoene, tekkies, sandale of stewels is nie.

Watter soort skoene het ons kortlysie gehaal van móét-hê’s? Ek dink nie jy hoef eens ’n ouderdom te koppel aan dié lys nie, maar trek gerus die skoen aan as dit jou pas …

Gaan kyk in jou kas of jy die volgende skoene het:

#1 Balletstyl skoene (pumps)

Ja, dié ou staatmaker loop al ’n lang pad in die modebedryf, maar tog wissel die style van seisoen tot seisoen.

H&M R299

H&M R299

 

#2 Wighakke

Gemaklik, hoogmode en een van Kate Middleton se staatmakers. Wighakskoene is weer aan die brand en gemaklik om mee te loop!

 

H&M R599

H&M R599

 

#3 Ordentlike sandale

Ons almal het daardie staatmaker-leersandale in die kas wat dalk al meer as twee seisoene aankom.

Country Road, R999

Country Road, R999

 

#4 Tekkies

Ek is absoluut gaande oor my tekkies en sal dit elke dag aantrek as ek kon. Dié trend gaan nog lank vuurwarm wees, maak dus seker jy skaf vir jou ’n paar aan!

Dit kan enige styl, handelsmerk of kleur wees.

@sincerelyjules #streetstyle #fashionblogger #ootd #instafashion #style #fashion #leatherjacket #skirt #streetfashion

A photo posted by I Love Street Style (@ilovestreetstyle) on

Adidas, Sportscene R1 199

Adidas, Sportscene R1 199

 

#5 Swart skerppunt-hakskoene

Dis ’n klassieke en stylvolle item wat elke vrou in haar kas moet hê. Jy kan in ’n japtrap jou informele jeans-uitrusting omskep in iets vir ’n skemerkelkie-geleentheid met dié paar skoene!

 

Sissy Boy by spree.co.za R629

Sissy Boy by spree.co.za R629

Koop nóú jou skoene:

Balletstyl skoene, H&M

Wighakke, H&M

Gladiator-sandale, Country Road by Woolworths

Gladiator-sandale, Country Road by Woolworths

Tekkies, Adidas by Sportscene

Tekkies, Adidas by Sportscene

Swart skerppunt-hakskoene, Sissy Boy by spree.co.za

Swart skerppunt-hakskoene, Sissy Boy by spree.co.za