Modestories

Lyk soos ’n voorbladgesig – so maklik soos 1, 2, 3

Op die voorblad van SARIE se April 2016-uitgawe pryk Rolanda Marais in ‘n ongelooflike skepping van H&M. Die rok wat sy op die voorbladfoto dra, is deel van die H&M Conscious Exclusive 2016-reeks. Wat dié rok – en die res van hierdie reeks – so besonders maak, is dat dit geïnspireer is deur historiese kunswerke en gemaak is van volhoubare materiale.

H&M het die reeks geskep in samewerking met die Franse se roemryke Museum van Dekoratiewe Kunste en Ontwerp in die Louvre-paleis in Parys. Die ongelooflik lieflike materiaalpatrone is geïnspireer deur werke van kunstenaars soos Gustave Moreau in die argiewe van dié museum.

Die reeks met sy skilderkunsagtige en gesofistikeerde elegansie is gemaak van volhoubare materiale soos moerbei-sy, krale en rynstene van herwinde glas, en Denimite (‘n herwinde denimvesel). Met een van dié items sal jy dus boonop help om ons planeet te red en te bewaar.

 “Ek was dadelik verlief op dié reeks toe ek dit die eerste keer sien. Die items van sy het so ‘n luukse gevoel dat jy nie kan ophou om daaraan te vat nie. My persoonlike gunsteling is die Jacquard-jas, dit is een van daardie items wat jy moeiteloos na enige geleentheid kan dra,” Amaria Carstens – SARIE-moderedakteur

Die reeks is baie eksklusief en in ongeveer 180 winkels wêreldwyd beskikbaar. In Suid-Afrika is dit slegs by die die V&A Waterfront-winkel te kry, vanaf Donderdag 7 April 2016.

Só lyk nog van die items in die reeks:

Sy-mengelstofbloes

Bloes , H&M

Sy-mengelstofromp

Romp , H&M

Rok van linne-en-sy

Rok , H&M

A-lynrok

Rok , H&M

Katoenbloes met patroon

Bloes , H&M