skoene
Modestories

Hoog of laag: Wat sê jou skoene van jou?

Plat, stylvolle skoene is die laaste tyd hóógmode. Maar dit beteken nie die gewildheid van die hoë hak gee ’n enkele tree terug nie. Wat is dit met vroue en hul (skoen)hakke?

Wat is gesond?

Plat skoene gee geen ondersteuning aan jou voet nie en gooi jou liggaam se gewig effens agteroor. Dit kan jou voete boonop moeg maak en pyn in die lae rug veroorsaak.

Baie hoë hakke sit weer al die gewig op die voorvoet en druk die tone opmekaar – óók nie goed vir jou rug nie.

’n Hak tussen 1 en 3 cm is ideaal, want dit ondersteun die voetbrug. En as jy jou voet wil laat glimlag, koop wighakke.

Wat sê die kenners?

Plat skoene: “Sekere feministe stel voor dat vroue wat die gemak van plat hakke verkies, aktief veldtogte – soortgelyk aan die destydse bra-verbrandery in die jare sestig – moet aanmoedig om vroue te bevry van die seksistiese verwagtinge wat die samelewing van hulle het.” – Sintechè van der Merwe, dosent in genderstudies aan die departement sosiologie van UNISA.

Hakke: “SARIE se voorbladgesig word met hoë hakke gestileer. Al sien jy nie haar skoene op die foto nie, is haar ligaamshouding net anders. Sy’s selfversekerd, sterk. Jy kan dit tot in haar oë sien.” – Michélle van Breda, redakteur van SARIE.

Wat dra die bekendes?

Rolanda Marais, aktrise: “Ek is ’n laehak-mens, plat op die aarde, sonder fieterjasies. Vyf jaar gelede het ek ’n ligament in my enkel beseer in ’n motorongeluk, daarom verkies ek om ’n skoen te dra wat my voet ondersteun.

“’n Mooi, plat leerstewel, balletskoen of ’n vroulike vellie werk goed. Selfs as ek vintage-skoene dra, is die hak maar laag.’’

Wie dra nóg lae hakke? 

FOTO: Leana Clunies-Ross

FOTO: Leana Clunies-Ross

Nicola Hanekom

Nicola Hanekom FOTO: Willem Lourens

Diaan lyk nie meer so nie!  FOTO: Phyllis Green

Diaan lyk nie meer so nie!
FOTO: Phyllis Green

Anel Alexander, aktrise: “Hakke help my om ‘in’ ’n rol te kom en
tekstuur aan ’n karakter te gee.”

Die mooiste, duurste paar hakke wat Anel nog gedra het, was van die Britse ontwerper Vivienne Westwood. “Ek was in 2009 seremoniemeester van The Beautiful Life Project by die Universiteit van Johannesburg. Dame Vivienne het ’n boks klere gestuur om op te veil. Met dié projek is tien vroue uit die landelike gebiede in KwaZulu-Natal gehelp met hul sakeondernemings. Dit was wonderlike skoene, maar aan die einde van die aand het ek gehuil, so seer was my voete.’’

Wie dra nog hoë hakke? 

Nianell

Nianell

Jy trek hoë hakke aan en jy verander

Manolo Blahnik, koning van ontwerperskoene

Brennan Wright wou ook aan vanjaar se Survivor deelneem. Hy en Jeannie D is ’n paartjie. FOTO: Twitter

Brennan Wright wou ook aan vanjaar se Survivor deelneem. Hy en Jeannie D is ’n paartjie. FOTO: Twitter

Annie Malan

Annie Malan FOTO: Phyllis Green

Verkies jy hoë hakke of plat skoene? Lewer jou kommentaar hieronder of gesels saam op ons Facebook- of Twitter-blad