FOTO Instagram @michaeljackson

FOTO Instagram @michaeljackson

Modestories

Ikoniese mode-items

Het jy jou eie unieke bykomstigheid of kenmerkende styl? Enkele celebs het oor die dekades gesorg dat ons sekere mode-items aan hul name koppel. Dink hier aan dinge soos wit sokkies, leerhandskoene of selfs pêrels.

Die modespan het hul 9 gunstelinge onder ikoniese bykomstighede gaan uitkies:

 #1 Kate Moss se luiperdpatroon-items. So gepas vir Afrika-dag vandag.

NOU: Luiperdpatroon het oor die jare só gewild geraak dat dit nou al as ’n klassieke patroon beskou word. As ’n groot item soos ’n jas te wild is vir jou, dra ’n serp.

 

#2 Marilyn Monroe en haar kunspels-sjaal (shawl)

NOU: Kunspels is een van Winter 2016 se grootste tendense, maak nie saak of dit ’n serp, jas, baadjie, kraag of wat ook al is nie. – Kliek hier vir dié idees om kunspels te dra.

 

#3 Prinses Diana se tiara

NOU: ’n Tiara hoort op ’n prinses of op ’n klein dogtertjie se kop – dis beslis nie iets vir elke dag se dra nie.

 

#4 Karl Lagerfeld se vingerlose handskoene

NOU: Dié handskoene was nog nooit regtig gróót nie. Ons vermoed mense dra dit om hul ouderdom weg te steek, want selfs Madonna dra deesdae sulke handskoene. Hulle sê mos juis jou hande verklap jou regte ouderdom.

 

#5 Coco Chanel se pêrels

NOU: Pêrels is klassiek en tydloos, jy kan dit na enige geleentheid dra. Maar die laaste jare het dit ’n meer moderne voorkoms gekry. Kyk uit vir interessante ontwerpe soos die armband hieronder.

 

#6 Elizabeth Taylor se bonkige juwele

NOU: Elizabeth Taylor het al dekades gelede bewys jy kan gróót gaan met jou juwele. As jy hou van aandag trek, kraai bonkige items koning.

 

#7 Michael Jackson se wit sokkies

NOU: Wit sokkies, aikôna! Jy sal ’n rilling teen ons ruggraat afstuur as jy dít dra. As jy wil hê jou sokkies moet aandag trek, dra liefs strepe.

 

#8 Spice Girls se “platform”-tekkies

NOU: 15 jaar later is dié “platform” weer gewild, maar darem nie só hoog nie. Dra dit saam met ’n romp of ’n culotte.

On the varsity team (cc: @therubberdollbypepa) #SupergaUSA

A photo posted by Superga USA (@supergausa) on

#9 Jackie O (Jacqueline Kennedy Onassis) se groot sonbril

NOU: ’n Groot sonbril bly ’n wenner. Kies ’n styl wat by jou gesigvorm pas.

Watter ikoniese bykomstigheid is jou gunsteling?

Lees nou

Oeps! Britney doen dit weer

Halssnoere ou nuus – dit dra jy nou

Taylor Swift raak donker