Modestories

Is dít die mooiste oorfone?

Die 96-jarige styl-ikoon Iris Apfel meen “more is more, and less is a bore” en dis presies wat die SARIE-modespan gedink het toe ons hierdie oorfone op sosiale media gewaar het.

Ons stel bekend Lit Headphones, die millenniërs se manier van prinses-prinses speel.

Die oorfone word op bestelling met die hand gemaak deur Lisa Campbell, ’n kunstenaar van Suid-Florida. Die prys van $500 (sowat R6 400) sluit verskeping uit.

 

Beslis gepas vir ’n prinses! Sal jy dit dra?