Modestories

Regstelling: Skoenprys in Desember-uitgawe

Die kleurblok-ooptoon-hakskoene van Truworths wat in ons Desember-uitgawe (bl. 145) verskyn, se prys is verkeerd. Die regte prys is R380 en nie R360 soos in die tydskrif aangedui is nie. Dié skoene wat ons model, Roeline Daneel dra, is by Truworths-takke beskikbaar of skakel 021 460 2300 vir meer inligting.

Truworths ooptoon-hakskoene

Die kleurblok trend:

Dié interessante paar hakke trek die aandag en lyk mooi saam met ’n effekleurige rok soos Roeline dit dra. Gewaagde mode-liefhebbers kan die skoene saam met ’n kleurblok-uitrusting van dieselfde kleurskema dra, bv. ’n rooi-snyersbroek met ’n oranje bloes en ’n swart snyersbaadjie vir ’n modieuse voorkoms.

Lees meer oor die nuutse mode-tendense hier