Modestories

Kan jy glo: jeans van plastiek!

Die gonswoord in die modewêreld is “volhoubaarheid”. En al hoe meer kleremaatskappye kyk na hul “groen voetspoor”. Ons was dus baie beïndruk en terselfdertyd verbaas om te hoor jy kry nou jeans wat van plastiek gemaak is.

via GIPHY

Herwinde plastiek in denim.
Twee groot handelsmerke, Levi’s en G-Star, het elk ‘n denimreeks wat gedeeltelik van herwinde plastiek gemaak word. Die denim van items in Levi’s se Waste<Less-reeks bevat sowat 20% herwinde plastiek. Die Nederlandse G-Star se RAW-jeans word gemaak van materiaal wat herwinde plastiek uit die see bevat.

Co-designed by @Pharrell. All made from recycled ocean plastic. #rawfortheoceans #newcollection @bionicyarn

A photo posted by G-Star RAW (@gstarraw) on

“Klimaatsverandering is een van die belangrikste kwessies van ons tyd. Ons kan elkeen ons deel doen, en die herwinning van plastiek uit die see is ‘n goeie beginpunt,” sê Pharrell Williams, die singer, musiekvervaardiger en kreatiewe direkteur van Bionic Yarn

Kyk na die video om te sien hoeveel plastiekbottels gebruik word om een jeans te maak:

Het jy geweet?
1 500 liter water is nodig om genoeg katoen te kweek vir een jeans. Tydens die vervaardigingsproses van die jeans in hul Conscious-reeks fokus die Sweedse klerewinkelgroep H&M daarop om water te spaar. Met dié reeks word sowat 300 miljoen water per jaar in die produksieproses bespaar.

Koop hier denim-items wat “groen” is:

Vir haar: denimbaadjie

Baadjie , G-Star RAW

Vir hom: reguitpyp-jeans

Jeans , H&M

Vir haar: noupassende jeans

Vir haar: kêrelsnit-jeans

Kêrelsnit-jeans , G-Star RAW

Vir hom: reguitpyp-jeans

Jeans , G-Star RAW