FOTO: Instagram @jo_annstrauss

FOTO: Instagram @jo_annstrauss

Modestories

Jo-Ann Strauss se beste bykomstighede

Voormalige Mej. SA Jo-Ann Strauss is een van die stylvolste SA vroue. En ons is mal oor al haar bykomstighede – van haar ontwerpershandsakke tot die “bykomstigheid van die maand”, haar baba-magie.

Jo-Ann se klerekas is die meeste vroue se droom – ontwerpershandsakke en mooi hoëhakskoene, maar deesdae spog sy ook met die “bykomstigheid van die maand” – soos wat ’n aanbieder tydens die Golden Globes die baba-magie genoem het nadat 3 swanger aktrises (Drew Barrymore, Olivia Wilde en Kerry Washington) stralend gelyk het op die rooi tapyt.

Ontwerpersakke

Jo-Ann het een van die nuwe luukse Louis Vuitton-handsakke. Dié sak het haar hart gesteel toe sy in die winkels was om dekor-items vir die babakamer te koop.

Jo-Ann het ook dié luuskse handelsnaam se reissakke

FOTO: Instagram @jo_annstrauss

FOTO: Instagram @jo_annstrauss

Die baba-magie

Dié “bykomstigheid” is nie te koop nie, maar lewer binne ’n paar weke ’n pienkvoet vir Jo-Ann en haar man, Michael Held!

FOTO: Instagram @jo_annstrauss

FOTO: Instagram @jo_annstrauss

Hoëhakskoene

Jo-Ann is mal oor hoëhakskoene! Een van die hashtags wat sy by dié foto van haar skoene gebruik het, is #HighHeelEveryDay.

Lees hier watter celeb het haar eie skoenreeks PLUS wat is haar top-stylwenke

FOTO: Instagram @jo_annstrauss

Jo-Ann se ‘hashtags’ by die foto is: #shoes #fashion #addiction #heels #HighHeelsEveryDay FOTO: Instagram @jo_annstrauss

Armbande en ringe

Enige uitrusting kan met die regte bykomstighede verander word – dié seisoen is bling weer groot!

Kry die mooiste bykomstighede in die SARIE-winkel.

Sonbrille

Die 60’s-sonbril is terug dié somer!

Sukkel jy om ’n sonbril te koop? Lees hier hoe om een te kry wat by jóú gesig pas.

Kry jou bykomstighede uit die SARIE-winkel

Die SARIE-winkel kan jou help om enige uitrusting op te kikker – met ’n oorgroot handsak, pragskoene, armbande of halssnoere en ook sonbrille. Die enigste ding waarmee ons nie kan help nie, is die baba-magie!

Bykomstighede

Prag-skoene uit ons SARIE-winkel

T-Bar Heels Coral en Court Shoes With Ankle Strap Gold

Woven Wedges en Heels With Metal Toe Detail