Foto Instagram @nayarivera

Modestories

Jou rompe gaan nou ‘kaal’ wees

Kim Kardashian is nie skaam om naak op die rooi tapyt te verskyn nie. Of eerder: Haar rokke is so deursigtig, sy kan net sowel niks aanhê nie. Maar deursigtige rokke is blykbaar nou óú nuus. Die jongste? Die deursigtige romp!

Die skepping deur die Australiese ontwerper Steve Khalil het reeds die hart van ’n paar bekendes gesteel.

Die Amerikaanse aktrise Naya Rivera het die romp na die première van haar nuwe TV-reeks, Mad Families, gedra, en sy mág maar haar bene wys.

 

In 2016 het die Amerikaanse aktrise Taraji P. Henson dieselfde romp na die BET Awards toe gedra.

 

Dit lyk of die trend stadig maar seker besig is om die deursigtige rok te vervang, want die Amerikaanse styl-ikoon en model Emily Ratajkowski is ook onlangs in ’n deursigtige romp gesien.

A photo posted by Emily Ratajkowski (@emrata) on

Die romp kan beslis strand toe gedra word. Sal jy dit na ’n ander plek toe dra?

Lees nou

Werkdilemma: Hoe nou?

Khloé Kardashian skitter in ’n sweetpak

KYK: Identiese tweeling sien mekaar 1ste keer sedert babadae

  • Chewy

    No, that’s horrible and in very poor taste. I have more respect than that for both myself and my other half. Leaves nothing to the imagination. Celeb fashion seems to be going from bad to worse these days.