FOTO: Instagram @calvinklein

FOTO: Instagram @calvinklein

Modestories

Jong Justin Bieber, Kendall Jenner kry stof in die oë

Platgestrykte gesigte, perfekte lywe en met die jeug aan hul kant … Gewoonlik kies groot modehuise jong modelle vir hul nuutste en sexyste modeveldtogte.

Nou het een van die sexyste modehuise, Calvin Klein, wat gewoonlik jong modelle met sexy lywe kies – soos Justin Bieber (hooffoto) en Kendall Jenner (hieronder) – standpunt ingeneem.

En ons hou van wat hulle sê – ouderdom is ’n houding!

A photo posted by Calvin Klein (@calvinklein) on

Die internet het omtrent gebreek toe Calvin Klein aankondig dat hulle Grace Coddington op 75 vir hul nuwe veldtog gekies het. 

Sy was voorheen ’n model en het onlangs uitgetree as Vogue se kreatiewe direkteur.

Die modelle in die nuutste veldtog verteenwoordig omtrent elke generasie - Grace Coddington, Henry Rollins (55), Kate Moss (42), Anna Ewers (23), Young Thug (22) en Cameron Dallas (21).

Grace Coddington verskyn in die modeveldtog in klere wat enige vrou kan dra. ’n Satynpak en ’n lang swart rok wat alle vroue kan (moet) besit!

Wie is Grace Coddington?

A photo posted by @therealgracecoddington on

Die 75-jarige voormalige kreatiewe direkteur van Vogue het die modebedryf op ’n jong ouderdom betree. Sy het die Vogue-modelkompetisie as 17-jarige gewen.

Op 24 was sy in ’n motorongeluk wat haar modelloopbaan beëindig het. Later kry sy plastiese chirugie vir die merke op haar gesig.

In 1988 begin sy haar loopbaan by Vogue en 28 jaar later, in Januarie vanjaar, tree sy af.

Grace, met haar ikoniese bos rooi hare en oog vir mode, is Ons Inspirasie!