helo312_cover_z
Modestories

Jy hoef nie “I do” te sê in wit nie

Avril Lavigne het vroeër die maand met die Nickleback-voorsanger, Chad Kroeger, getrou in ’n swart Monique Lhuillier-trourok. Avril is ook nie die eerste bruid wat besluit het op die nie-tradisionele wit trourok nie; vele bekendes het al hierdie besluit geneem …

Die sangeres Gwen Stefani, Anne Hathaway (Les Misérables), die regisseur Sofia Coppola, die legendariese Elizabeth Taylor, Sharon Stone, Ellen Pompeo (Grey’s Anatomy) en Cynthia Nixon van Sex and the City-faam is maar net van die bekendes wat op hul groot dag nie in wit getrou het nie.

Sarah Jessica Parker het ook in 1997 die ja-woord gesê in ‘n swart ontwerpersrok en meen dit is omdat sy en haar man, Matthew Broderick, nie baie aandag van die media wou lok nie. Sy het egter intussen aan Harper’s Bazaar erken dat as sy weer die kans sou kry, sou sy kies om ‘n wit rok aan te trek. “[I'd] white it up!”

Kyk bietjie na hierdie sterre wat ook onkonvensionele rokke gekies het:

Shenae Grimes & Josh Beech

Shenae Grimes, ster van die bekende reeks 90210, het in Mei 2013 in hierdie Vera Wang trourok getrou met die Britse model, Josh Beech.

Reese Witherspoon & Jim Toth

Reese Witherspoon het getrou in ‘n sagte pienk rok van Monique Lhuillier. Sy en Jim Toth, haar agent, is in 2011 getroud.

Amber Tamblyn & David Cross se troueAmber Tamblyn & David Cross

Amber Tamblyn (127 Hours) en die komediant, David Cross (Arrested Development), het in ‘n plattelandse seremonie naby New York getrou. Haar geel rok is een van die nuutste trou-trends wat onder bruide begin posvat het.

Jessica Biel & Justin Timberlake

Jessica Biel het haar groot dag ingegaan met hierdie blos-kleurige Giambattista Valli-skepping. Sy het in 2012 met Justin Timberlake getrou.

Jennifer Aniston & Justin Theroux

Entertainmentwise berig dat Jennifer Aniston oorweeg om met Justin Theroux in ‘n swart rok te trou. Dit is geen geheim dat sy versot is op Little Black Dress nie, so hierdie kleur is blykbaar eerste keuse op haar tweede troue. Onsekerheid oor Justin en Jennifer se troue is egter op almal se lippe, omdat die twee aanhou om hul troudatum uit te skuif.

Juwele vir die troudag

Kies juwele wat jou persoonlikheid ten toon stel vir jou groot dag. Ons is mal oor hierdie juwele van Princess Diamonds.

Kry hierdie juwele teen ‘n spesiale prys op Diligo.co.za tot 24 Julie 2013.