SKIP
Modestories

Jy’s genooi na die Skip Fashion Exchange

Drie ontwerpers, drie stede en drie ontwerpersreekse is deel van Skip se #MyFabulous-inspirasie – en jy’s genooi om die eindproduk te sien! 

Vanjaar se Skip Fashion Exchange is een geleentheid wat jy nie kan misloop nie!

Die kreatiewe siele van Suid-Afrika het foto’s van hul geliefkoosde stede met 3 talentvolle ontwerpers gedeel deur #MyFabulousCPT, #MyFabulousJHB en #MyFabulousDBN.

skip

Nou is ontwerpers Jenevieve Lyons (Kaapstad), Rich Mnisi (Johannesburg) en Sibu Msimang (Durban), almal geïnspireer deur dié inskrywings, besig om elk ’n spesiale reeks van 10 uitrustings te ontwerp wat by die Skip Fashion Exchange in Johannesburg bekendgestel gaan word!

Wanneer: Donderdag, 13 Augustus

Waar: Shine Studios, Braamfontein, Johannesburg

Tyd: 19:00 vir 19:30

Gasvrou: Pabi Maloi

Vermaak: DJ Sphectacula en DJ Naves

Bespreek jou plek

Die kaartjies kos R180 en sluit drankies, vingerete, vermaak én ’n geskenkpak in. Jy moet jou kaartjie hê om deur die deure te kom asook ’n minimum van drie klere items wat jy wil uitruil tydens die Skip Fashion Exchange.

E-pos info@atharievents.com en gebruik “Fashion Exchange” in die onderwerpsveld of bel vir Shaakirah van Rensburg by 011 300 6700.