FOTO Instagram @suits_usa

FOTO Instagram @suits_usa

Modestories

Kan ’n uitrusting jou die verhoging gee wat jy verdien?

Jy werk jou vingers stomp, maar jou baas kyk bo-oor jou. Jy weet jy verdien daardie verhoging, maar daar is nog geen sprake daarvan nie. Kan ’n uitrusting jou die verhoging gee wat jy verdien? 

Dit klink dalk soos die storielyn van The Devil Wears Prada wanneer Andrea (Anne Hathaway) eers deur haar baas, Miranda (Meryl Streep), raakgesien word wanneer sy mooier aantrek. Maar dís nou wetenskaplik bewys!

 

’n Onlangse studie deur die Universiteit van Chicago het bevind dat werknemers met ’n netjiese voorkoms meer betaal word. Jy kan tot 20% meer verdien as jy moeite met jou voorkoms doen! Meer as 14 000 individue het aan die studie deelgeneem, berig The Washington Post.

Leer meer hier.

Selfvertroue en voorkoms loop immers hand aan hand. As jy goed voel, werk jy beter en het jy beter menseverhoudinge.

Maar onthou, niemand sê jy moet ’n model wees of die klerekas van Kate Middleton besit nie. Dit gaan eerder oor netheid en selfrespek. Jy sal nie iemand aanstel met deurmekaar hare en gekreukelde klere nie, want die persoon moet ’n advertensie vir jou besigheid wees.

Bron: StyleCaster