Modestories

Kate Mara se Dior-skepping – JA of NEE?

Die 31-jarige Kate Mara is besig om groot naam vir haarself te maak – eers in die gewilde TV-reeks House of Cards en nou ook in die The Fantastic Four-filmreeks.

Sy is terselfdertyd besig om die modewêreld se guns te wen. Kate het by die Creative Arts Emmy-toekennings in ’n geel Dior-skepping opgedaag. En die modekenners meen sy het met dié rok bewys sy ken mode.

Maar ons wil jou mening hoor – is Kate se uitrusting ’n treffer of ’n flop? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Heidi Klum se rok op die Creative Arts Emmy se rooi tapyt het ook aandag getrek, omdat dit geheel en al uit toutjies aanmekaar gesit is. Kyk hoe lyk haar rok HIER.