Het jy gehoor?

Kate Moss se jonger sus volg in haar spore

Nes my ousus! Lottie Moss, die 18-jarige suster van supermodel Kate Moss, is besig om haar eie naam in die mode-bedryf te maak!

Sy het al in ’n paar veldtogte verskyn, maar dis gister aangekondig sy is die gesig van Botkier se lente 2016-veldtog. Die foto’s verskyn eers in Februarie, maar dit beloof om Lottie een stap nader aan supermodel-status te gee.

Walkies #tb #teenvogue #london #bulldog

A photo posted by Lottie Moss (@lottiemossxo) on

Lottie is by dieselfde agentskap as waar Kate in die begin van háár loopbaan was. Dié halfsuster van Kate Moss is in 2011 by Kate se troue raakgesien toe sy nog net 13 jaar oud was. Huffington Post het hierna berig dat die modelagent Carole White haar ná dié troue “’n ware Engelse roos” genoem het.

Maar Lottie se ma het destyds gesê dat sy nog te jonk is en dat hulle eers wil wag voordat sy haar in die modelwêreld begeef.

Kate se mooiste voorblaaie

FOTO: Lottie Moss se portefeulje by die modelagentskap, Storm

Lottie en Kate het dieselfde pa, Peter, maar verskillende ma’s.

Kate en Lottie in 2014, waar anders as in die voorste ry by ’n modevertoning:

Nóg suster-pare in die modewêreld

Kate en Lottie is nie die eerste suster-paar wat in die modewêreld opslae maak nie. Kyk deur ons galery na nóg beeldskone susters.

Kerry en Tracy McGregor

Een van Suid-Afrika se bekendste model-susterpare, Kerry en Tracy, het al op plaaslike én internasionale voorblaaie gepronk. Hulle is ook die enigste susters wat albei deur die manstydskrif FHM as die sexyste vrou aangewys is.

Cara en Poppy Delevingne

Jonger suster Cara (foto) is deesdae meer bekend as haar ouer suster Poppy, al het Poppy eerste aandag getrek in die modelwêreld. Poppy het in 2008 haar modelloopbaan begin toe sy ondek is deur 'n modelagent van Storm. Cara se loopbaan het eers 3 jaar daarna afgeskop, maar haar gewildheid onder die ontwerpers ken geen perke nie.

Poppy Delevingne

Só lyk Poppy, Cara se suster.

Rosie en Florence Huntington-Whiteley

Rosie (foto) is sedert 2008 een van die modewêreld se lieflinge oor die sensualiteit wat sy uitstraal.

Florence Huntington-Whiteley

Florence het eers in 2012 begin met modelwerk, maar is vinnig besig om vir haarself naam te maak en uit haar suster se skadu te beweeg.