Modestories

Ken jy jou rok-style?

‘n Rok is sinoniem met ‘n vrou. Net so uiteenlopend soos vroue se figure en persoonlikhede is, so ‘n groot verskeidenheid rokke is daar. Hier is ‘n paar van die belangrikstes wat jy moet ken.

Noupassende rok (sheath dress)

Dié rok is ‘n baie vleiende opsie wat nie al jou kurwes beklemtoon nie. Hoewel dit ‘n noupassende rok genoem word, is dit nie styfpassend (fitted) nie. Kate Middleton word gereeld in dié styl gesien!

Saarttjie noupassende

Wenk: Die rok pas wonderlik aan uurglas-lywe en lyk mooi aan peervormige figure, maar die geheim is om die bokant met die onderkant uit te balanseer. Jy kan dit doen deur ‘n beltjie of ‘n kort trui daarby te dra.

 

Empire-styl rok

Die empire-styl rok het ‘n naatlyn reg onder die borste en die onderste gedeelte hang reguit af.

Saartjie empire

ILLUSTRASIE Alexia Hechter

Wenk: Die styl lyk gewoonlik die beste aan peervormige figure, maar die materiaal moenie te styf trek oor die heupe nie. Appel- en uurglasvormige lywe word aangeraai om die styl te vermy.

 

Bloesrok (blouson dress)

Die bloesrok sit los om die bolyf en noupassend van die heupe af ondertoe. Dit lyk byna asof jy ‘n bloes saam met ‘n romp dra, veral as die boonste en onderste deel van kontrasterende materiale is.

Saartjie blouson

ILLUSTRASIE Alexia Hechter

 

A-lyn-rok

Hierdie vroulike rokstyl is gewoonlik noupassend om die skouers en die romp skop van die middellyn af uit. Die beste deel van dié rok is dat dit lieflik lyk aan enigiemand.

Saartjie A-lyn

ILLUSTRASIE Alexia Hechter

Wenk: Die A-lyn-snit lei aandag weg van jou middel af.

 

Trapeze-rok

Die trapeze-rok sit styf om die skouers en borste en dan skop die rok wyd uit ondertoe.

Saartjie slooprok

ILLUSTRASIE Alexia Hechter

Wenk: Dié rok is nog ‘n goeie styl vir appel- en peervormige figure.

 

Prinsesstyl rok

Prinsesrokke het vertikale nate wat oor die borste gaan. Dis ‘n goeie keuse vir vroue met kleiner borste.

Saartjie prinses

ILLUSTRASIE Alexia Hechter

 

Oorvourok

Die oorvourok bind om jou lyf en maak in die sy vas. Die rok kom in alle lengtes en verskeie mou-style is ook beskikbaar.

Saartjie omvourok

ILLUSTRASIE Alexia Hechter

Wenk: Die rok vlei alle figure en beklemtoon jou middellyf.

 

Aangliprok (slip dress)

Dis vroeër altyd beskou as ‘n onderrok. Deesdae word rokke in dié styl gedra as somer- of aandrokke. Die lengte wissel van bo die knie tot onder by die enkels.

Saartjiee slip

ILLUSTRASIE Alexia Hechter

Wenk: Bekendes word gereeld in hierdie styl gesien en dra dit gewoonlik met ‘n bonkige trui en enkelstewels.

 

Hemprok

Die hemprok is ‘n langer weergawe van ‘n hemp en jy hoef nie iets onder aan te trek nie.

Saartjie hemprok

ILLUSTRASIE Alexia Hechter

Wenk: Die rok kan met of sonder ‘n belt gedra word en dit lyk lieflik aan ‘n reghoekige figuur omdat dit die illusie van kurwes skep.

Ek hoop jy het jou perfekte rokstyl gevind!

Hemprok

Hemprok, >GOOD CLOTHING, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Empire-styl rok

Empire-styl rok, >MANGO, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Oorvourok

Oorvourok, >GAVIN RAJAH, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Bloesrok

Bloesrok, >C(INCH), te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Trapeze-rok

Trapeze-rok, >LEIGH SCHUBERT, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Aangliprok

Aangliprok, >LIZZY LILLIAN, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

Noupassende rok

Noupassende rok , >C(INCH), te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za

A-lyn-rok

A-lyn rok, >STYLE REPUBLIC, te koop by Sarie-aanlynwinkel by Spree.co.za