FOTO Fossil

FOTO Fossil

Modestories

Kerstyd, Kersparty, Kersgeskenk + WEN ’n horlosie!

Die tyd stap nader … Kerstyd is om die draai en dis al tyd vir lekker eet, familie en geskenke uitdeel! 

Fossil_Promosie TagR

Dis ook in dié tyd dat ons versier – bome, tafels, ons huise. Versiering is heel bo-aan ons lys en gelukkig bied Fossil ’n lekker verskeidenheid versierings vir elke persoonlikheid en styl.

Ons hou van … droomverlore oomblikke

Dink aan die sagte pienk van Kersliggies wat glinster in die venster …  Vir dié droomverlore nostalgiese oomblikke kan jy gerus ’n geliefde bekoor met Fossil-juwele soos armbande, oorbelle of ’n horlosie in sagte kleure. Selfs ’n handsak van egte leer.

Ons hou van … opwindende oomblikke 

Vreugdevolle helderrooi pakkies wat onder ’n Kersboom wag om opgemaak te word. So is daar ook opwindende kleurryke items by Fossil om uit te kies, van mooi handsakke tot juwele en horlosies.

Horlosie van Fossil, R2 399

Horlosie van Fossil, R2 399

Ons hou van … inkopies aanlyn

Nou kan jy ook Kersgeskenke uit die gemak van jou sitkamer koop! Kry jou gunsteling-produkte van Fossil as geskenk (of vir jouself!) op Watch Republic se webtuiste.

WEN!

Een gelukkige SARIE-wenner kan dié Fossil-horlosie ter waarde van R2 999 WEN! Die grys leerbandjie en roosgoue detail is sjiek en modern, so mooi vir enige Kersgeskenk-lysie! Al wat jy moet doen is om die maklike vraag hieronder te beantwoord.

* Die wedstryd sluit 23 November 2016 om 12:00. Slegs een inskrywing per persoon. Deur in te skryf, stem jy in om kommunikasie van Fossil en Watch Republic te ontvang.

Wen 'n Fossil-horlosie vir Kersfees