FOTO Instagram / @khloekardashian

FOTO Instagram / @khloekardashian

Modestories

Khloé Kardashian skitter in ’n sweetpak

Met die realiteitster Khloé Kardashian se eie TV-reeks Revenge Body wat pas in die VSA begin wys het, gee sy blinknuwe lewe aan die konsep van die sweetpak.

Volgens dié Kardashian is sequin-sweetpakke ’n moet vir 2017. En wanneer sy of een van haar vier susters, Kim, Kendall, Kourtney en Kylie, eers iets dra, verkoop dit soos soetkoek. En ons kan maar weet nóg mense gaan begin blink in die gim.

Die 32-jarige Khloé, wat deesdae ’n slanker voorkoms het, is klaarblyklik mal oor haar blou blinker-sweetpak. Vroeër die maand het sy op straat verskyn in hierdie skepping van Ashish, met aan haar voete iets wat soos harige pantoffels gelyk het. Ons weet kontrasmateriaal is ’n gróót trend, maar gits, is dit nie dalk té veel nie?

A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

 

A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

 

Lees nou

AB se Danielle weer swanger

4 wenke om jou lob vars te hou

Chad le Clos praat oor Phelps