FOTO Instagram @caradelevingne

FOTO Instagram @caradelevingne

Modestories

Kies die perfekte horlosie

Die selfoon het dalk sy plek ingeneem, maar ’n horlosie bly die één item wat áltyd jou uitrusting sal opkikker en selfs ’n stelling kan maak. Hoe kies jy die perfekte horlosie vir jou? SARIE se modespan deel 5 wenke.

Volg dié wenke en jy sal die regte horlosie vind:

#1 Ken jou begroting

’n Horlosie kan een van jou duurste items wees. Voordat jy ’n horlosie kies, moet jy weet hoeveel geld jy bereid is om te betaal.

 

#2 Koop ’n horlosie wat vir jóú mooi is

Dit is jou horlosie wat jy vir minstens ’n paar jaar gaan dra. Koop ’n horlosie waarvan jy hou en nie een waarvan jou kêrel, man of vriendinne hou nie. Jy wil nie ’n kar se geld spandeer aan iets wat nie vir jou mooi is nie!

 

#3 Pas die horlosie aan

Die horlosie lyk dalk mooi in die winkel, maar op jou arm kan dit dalk verdwyn of selfs te gróót wees.

 

#4 Weet vir watter geleentheid jy dit koop

Jy kry verskillende soorte horlosies: kwarts, digitaal, sportmodel (soos fitBit) en selfs ’n Apple- of Android-horlosie. Dink mooi watter horlosie vir jou die nuttigste gaan wees.

 

#5 Moenie ’n horlosie koop wat net tydelik in die mode sal wees nie

Gaan vir ’n klassieke horlosie, een wat gesien word as ’n belegging

 

Hou ook die volgende in gedagte: 

• Hoe lank is die waarborg?
• Is dit waterdig?
• Watter band gaan die beste werk vir jou? (soos leer, kabel of silikoon)
• Kan jy maklik sien hoe laat dit is op die horlosie?