Carla DiBello en Kim Kardashian

FOTO @kimkardashian_instagram

Carla DiBello en Kim Kardashian FOTO @kimkardashian_instagram

Modestories

Kies só ’n haarstyl vir jou uitrusting

Ons is geneig om klere te kies wat by die kleur van ons hare en oë pas. Maar het jy geweet jy kan nóg mooier lyk as jy jou haarstyl by jou uitrusting aanpas?

As jy ooit getwyfel het hoe jou hare moet lyk by ’n bepaalde uitrusting, laat die materiaaltekstuur jou inspireer – soos dié bekendes gedoen het:

#1 Gladde hare

Die haarstyl pas die beste by gladde stowwe soos fluweel, leer, blinkers en satyn.

Kim Kardashian se teruggekamde reguit hare het net so ’n gladde voorkoms soos haar rok.

 

Jennifer Aniston se reguit hare werk perfek by haar minimalistiese uitrusting

 

#2 Krulhare

Of jy nou baie krulle het of net ligte strandgolwe (beach wave), fokus op vroulike teksture soos valle, kant, plooie en deursigtige materiale.

Jessica Alba se rok met fyn plooie lyk stylvol saam met haar krulle

 

Gwyneth Paltrow se ligte golwe komplementeer die valle van haar bloes.

 

#3 Kort hare

Tweed of enige ander materiaal wat ’n stelling maak, is jou beste vriendin. Kry hier jou inspirasie by die Britse aktrise Tilda Swinton

 

Nie almal sal saamstem met dié wenke nie, maar dit kan nie skade doen om dit uit te toets as jy twyfel water haarstyl die beste by jou uitrusting gaan werk nie.

Bron: inside out style