Modestories

Kikker jou klerekas op met net een item!

Trends kom en gaan. Maar hier is één item wat jou hele klerekas in ’n japtrap nuwe lewe kan gee. En dit is niks anders nie as ’n paar visnetkouse. Kan jy dit glo?

Die model en werklikheidsepiester Kendall Jenner wys ons hoe om dié 90’s-sykouse meer modern te dra.

Visnetkouse en deursigtige stewels

Dit is dalk ’n vreemde kombinasie, maar Kendall wys vir ons hoe goed dit saam kan werk. Visnetkouse kan enige uitrusting edgy maak.

Visnetkouse word deesdae nie net meer saam met rokke en rompe gedra nie. Nee, Kendall se sussie Kylie Jenner wys ons dat dit ook onder ’n geskeurde jean gedra kan word.

A photo posted by Kylie (@kyliejenner) on

Die geheim is om die sykouse tot by jou middel op te trek. Rond die uitrusting af met ’n kort top, sodat die visnetpatroon effens uitsteek. Ander styl-ikone soos Vanessa Hudgens, Sarah Jessica Parker en Caroline Vreeland is ook mal oor hierdie item.

A photo posted by SJP (@sarahjessicaparker) on

Kry jou visnetkouse hier:

« »

Visnetkouse, Woolworths

visnet-sykouse,Woolworths

Visnetkouse, H&M