FOTO Instagram / @kimkardashian

FOTO Instagram / @kimkardashian

Modestories

Kim K se skokkende jean-keuse

Die koningin van selfies Kim Kardashian, wat onlangs die eerste keer haar sosialemedia-stilte verbreek het ná haar rooftog-trauma in Parys, is deesdae ook ál meer te sien in die openbaar. En Kim, wat bekend is vir haar gewaagde klerestyl, was ook nie skaam om die koppe weer behoorlik te laat draai nie. 

Sy is gesien in ’n jean wat so geskeur is dat jy feitlik haar hele been kon sien. Maar as Kim iets dra, kan ons maar weet die gier gaan net nog groter raak in 2017.

Volg hierdie wenke indien jy die trend wil volg:

♥ Kry die balans reg. Kim het ’n “toe” baadjie saam met die geskeurde jeans gedra. WENK: Vermy ’n kort top of een wat te veel cleavage wys saam die jeans.

♥ Geskeurde jeans kan maklik slordig voorkom, so kies ’n hakskoen of meer formele skoen om saam met dit te dra.

♥ Hierdie trend is die beste vir ’n “bly-by-die-huis”-uitrusting!

Sal jy geskeurde jeans dra?

  • Lana

    al wat ek dit kan noem is: walglik verby, ek verwonder my altyd aan die mense wat dit dra en wonder in die stilligheid, hoekom wil jy ‘n broek wat geskeur is en jy ‘n fortuin voor betaal het dra??? VIESLIK, VIESLIK