Kim Kardashian en Kanye West. 
FOTO @kimkardashian_instagram

Kim Kardashian en Kanye West. FOTO @kimkardashian_instagram

Modestories

Gaan Kim Kardashian te ver?

Ons weet Kim Kardashian is mal oor haarself. Dit is duidelik uit al die selfies wat sy neem en met almal deel. Mooi is sy definitief, maar o wee, ons dink sy is besig om dinge te ver te neem.

Net so mal soos wat Kim oor ’n selfie is, net so mal is sy oor ’n deursigtige uitrusting.

Sy het dit so stylvol gedoen by die volgende geleenthede

Maar die afgelope maand het sy deursigtig tot ’n volgende stap geneem. Stylvol en sensueel is dit nie meer vir ons nie. Grens dié uitrustings vir julle ook aan trashy? Kim het duidelik nie meer ’n skaam haar op haar lyf nie.

NEW YORK, 9 SEPTEMBER 2016:  Kim Kardashian in Manhattan. Foto: Robert Kamau/GC Images

NEW YORK, 9 SEPTEMBER 2016: Kim Kardashian in Manhattan. FOTO Robert Kamau/GC Images

Tonight

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Volgens USmagazine.com het Kim dít oor haar uitrustings gesê: “Ek word bemagtig deur my seksualiteit …”

Deursigtige items is hoogmode en ons het met die volgende modekenners gesels oor hoe om dit reg te dra.

Kobus Dippenaar, couture-modeontwerper van Kaapstad, gee die volgende advies: “Dié trend benodig baie meer finesse as wat jy dink. Die geheim is om items te kies wat jou rug wys of net ’n tikkie cleavage of middellyf. As jy mal is oor ’n item, dra dit bo-oor ’n ander item met ’n tikkie tekstuur.”

Conrad Roselt van H&M se media-en-kommunikasiedepartement in Suid-Afrika sê: “Die deurskynende (sheer) trend is dalk op almal se lippe dié seisoen, maar dit is nie altyd so maklik soos wat dit lyk nie. Hier is twee reëls wat jy kan volg om sjiek te lyk in deursigtig:
1. Bypassende onderklere verskaf detail en beklemtoon enige uitrusting, veral as dit deursigtig is.
2. Vermy helder kleure wanneer jy ‘n deursigtige item kies. Dra liewer neutrale skakerings soos beige, ligpienk en bruin sodat jou uitrusting eenvormig en klassiek bly.”

Stem jy saam met Kim Kardashian, of dink jy ook sy neem die deurskynende trend nou te ver?