Modestories

Kim Kardashian se gróót modeflater – só vermy jy dit

Niemand van ons wil graag ’n modeflater begaan wanneer ons die nuutste trends of items dra nie. Gelukkig toets die bekendes dit eerste en kan ons uit hul foute leer. Die polonek is gróót vir die winter, maar het jy geweet nie almal lyk so fantasties daarin nie? Behalwe as jy dit reg stileer. En Kim Kardashian wys vir ons hoe om dit nié te dra nie!

Raai wat? Kim Kardashian was haar hare een keer in 4 dae

Rede: Die polonek laat jou borste onmiddellik baie groter lyk, gebruik eerder hierdie wenk AS jy groot borste het:

Dra jou polonek as die onderste laag en dra ’n V-nektop of -bloes bo-oor. Die rede: Die aandag word so nie direk na die grootte van die borste gelei nie, maar skep ’n illusie van ‘n sexy borslyn (cleavage). ’n V-nek is die vleiendste vir vroue met groot borste.

LET WEL: Wees versigtig vir ’n maasstof-polonek, want dit kan gou ’n “verkeerde” indruk skep en goedkoop lyk. Soos Kim Kardashian vir ons hierbo wys.

Polonek-uitrusting wat werk vir vroue met groot borste:

uitrusting 1/04/04/2016

Vroue met ‘n kort nek moet liewer die polonek vermy.

Dra eerder die volgende neklyne wanneer jy ’n kort nek het:
*Vierkantige halslyn
*Diep, ronde halsyn
*Sweetheart-halslyn

Ons is gaande oor hoe die sosiale vlinder Olivia Palermo haar polonek stileer:

’n Sjiek kombinasie van patrone en ligte kleure bo-oor ‘n swart polonek. 

Olivia het ’n wenkombinasie hier beet. Dit gee ’n regte boheemse gevoel, met die uitklokjeans en kunspels-jas.

 
Victoria Beckham is ook een van ons polonek-ikone:

Ons was geskok om Victoria in heldergeel te sien, maar sy wys vir ons dat dit kán werk. 

Victoria Beckham weet hoe om iets stylvol te doen.

Kliek hier vir idees met jou polonek en maak sodoende nie ‘n modeflater soos Kim Kardashian nie.

Blaai deur die galery vir die nuutste polonekke:

Donkergrys polonektrui

Polonek , Poetry

Karamelkleurige polonek

Polonek , Mango by spree.co.za

Blou polonektrui

Polonek , Country Road by Woolworths

Gestreepte polonek

Polonek , Edit by spree.co.za

Swart polonek

Tweekleurige polonek

Polonek , Witchery by Woolworths

Swart polonek

Polonek , Miladys