Modestories

Koel krae

Hier is ‘n paar wenke:

1. Dra jou ou gunsteling wit T-hemp met ‘n los kraag vir ‘n modieuse en gemaklike naweekuitrusting.

2. Kikker ‘n kraagbloes op deur ‘n los kraag onder die bloes se kraag te dra.

3. Kikker jou kantoor pakkie op deur ‘n los kraag saam met ‘n slooprok te dra.

4. Krae gaan nog baie gesien word dié winter en is die perfekte manier om jou ou bonkige truie meer stylvol te maak. Dra ‘n kraag met krale of blinker-detail oor ‘n bonkige trui – die kontras tussen teksture soos wol, tweed en chambray teenoor blinkerstof en klinknael-detail is hoogmode.

5. Jou klassieke swart rok gaan heel nuut lyk met ‘n blinkerstof kraag. Dra jou hare op vir meer impak.

6. Formele geleenthede kan ook meer prettig wees – los die kant en dra eerder ‘n blinkersof-/klinknael-kraag met ‘n sagte bloes of korset en ‘n mooi lang romp.

7. Los krae lyk op hul beste as dit teenaan of net onder die top se neklyn gedra word. Maak seker dat jy nie te veel vel wys tussen die kraag en die neklyn nie.

8. Kontrasterende kleure lyk altyd goed, so dra gerus ‘n wit kraag met ‘n swart hemp.

9. Groot, bonkige halssnoere en nekstukke is nou groot nuus – dra gerus ‘n halssnoer onder jou kraag vir ‘n meer dramatiese effek.