J.CREW. FOTO Instagram / @jcrew

J.CREW. FOTO Instagram / @jcrew

Modestories

Lief vir mooi aantrek? Ons het goeie nuus …

Black Friday (25 November) en Cyber Monday (28 November) is gróót oorsee en winkels bied op daardie dae gróót afslag. Gewoonlik kon ons nie in hul winskopies meedeel nie, maar met NET A PARCEL is dit nou moontlik!

Het jy al ooit bekendes in klere-items gesien en gewens jy kan dit iewers in Suid-Afrika kry? Of gewaar jy soms die perfekte item op Pinterest, maar is dan teleurgesteld omdat jy dit nie in Suid-Afrika kan kry nie?

via GIPHY

Goeie nuus, mense, nou kán jy!

net a parcel_Promosie Tag

Ek is gaande oor die Amerikaanse handelsmerk J.CREW, maar jy kan die mode-items ongelukkig nie in Suid-Afrika koop nie. Hoewel Queenspark in Suid-Afrika JCrew-mansklere verkoop, het dit niks gemeen met die Amerikaanse handelsmerk nie. J.CREW lewer ook nie in Suid-Afrika af nie, daarom kon ek nooit eens iets aanlyn koop nie. Maar dís waar ek my nuwe geheim met julle wil deel …

NET A PARCEL!

Ek het sopas met gemak ’n fantastiese J.CREW-item aanlyn gekoop en dit word binnekort deur NET A PARCEL by my afgelewer, hier by die SARIE-kantoor in Suid-Afrika. En dit was regtig maklik.

Vir slegs R695 per jaar skep NET A PARCEL vir jou ’n Amerikaanse posadres in Miami. Jy gebruik dié adres wanneer jy kopies aanlyn doen. Dit was regtig maklik en ek het dié adres letterlik binne vyf minute gekry nadat ek aanlyn ingeteken het.

NET A PARCEL se intekenblad

NET A PARCEL se intekenblad

 

Daarna het ek met my aanlyn kopies op J.CREW begin, net soos ek op enige plaaslike aanlyn winkel sou doen. Die enigste verskil was dat ek die Miami-adres gebruik het. En binne 30 minute was ek klaar met my aankopie, so maklik soos dit.

Wat NET A PARCEL besonder gerieflik maak, is dat hulle ’n sakrekenaar op hul webwerf het wat vir jou uitwerk presies hoeveel jy vir invoerbelasting sal betaal. Die invoerbelasting, vervoerkoste en administrasie word aan NET A PARCEL betaal voordat jou pakkie van Amerika na Suid-Afrika gestuur word.

NET A PARCEL se sakrekenaar

NET A PARCEL se sakrekenaar

Die beste is dat jy nie net mode-items kan koop nie, jy kan ook dekor, skoonheidsitems en nog vele meer koop!

Hier is ’n paar winkels waar jy aanlyn kan koop, almal handelsname wat nie andersins in Suid-Afrika beskikbaar is nie:

Mode:
Tory Burch
Talbots
Marshalls
Ann Taylor
Target
Net-a-Porter
Lolë
Lulu Lemon
Victoria Secrets
Nordstorm
Bergdorf Goodman

Skoonheidsprodukte:
Sephora
Saks Fifth Avenue

Vir die huis:
Ikea
Wayfair
kate spade
The White Company
Everything Kitchens

WENK

Black Friday (25 November) en Cyber Monday (28 November) is gróót oorsee en winkels bied op daardie dae gróót afslag. Dié dae is om die draai, ek beveel aan dat jy solank by NET A PARCEL inteken en heerlik jou Kersinkopies aanlyn doen vir spesiale geskenke wat jy nie andersins in Suid-Afrika sal kry nie.

Young couple internet shopping

*Amaria het dié diens getoets as deel van ’n ooreenkoms tussen SARIE en NET A PARCEL. Haar pakkie word binnekort afgelewer by ons Kaapstadse kantoor, hou SARIE.com dop om te sien wat sy gekoop het!

TEKEN NOU OP VIR NET A PARCEL OM SAAM MET AMARIA OORSEE TE KOOP