FOTO Instagram / @gotham67

Modestories

Kyk hoe ongelooflik lyk Michelle Pfeiffer!

Sy is beeldskoon. Die 59-jarige Michelle Pfeiffer het onlangs by die Venice rolprentfees die koppe laat draai. Sy het gemaklik gelyk in ’n noupassende swart-goue rok. Stylvol en in die kol!

Die pragtige Michelle het saam met die aktrise Jennifer Lawrence hul rolprent Mother! bekendgestel. Die fliek se regie is deur Jennifer se kêrel, Darren Aronofsky, behartig, lees meer hier.

Michelle is duidelik gemaklik met haar ouderdom, wat haar plooie lag-lag aanvaar. Ons is mal daaroor!

Michelle is al sedert 1993 met David E. Kelly, ’n TV-vervaardiger en skrywer, getroud.

Kyk net hoe beeldskoon het sy gelyk:

Jennifer Lawrence, Javier Bardem and Michelle Pfeiffer at the Venice Film Festival premiere of @mothermovie.

A post shared by Paramount Pictures (@paramountpics) on

Jennifer Lawrence het geskitter in ’n Dior-rok.

Gistermiddag het Michelle en Jennifer ook treffers gedra!

Hierdie bekendes het ook pragtig gelyk:

Hirose Suzu, ’n Japanese aktrise en model

Tina Kunakey, ’n model

Caroline Daur, ’n blogger

A post shared by Caroline Daur (@carodaur) on

Kyk die lokprent van Mother! hier:

Wat dink jy van Michelle Pfeiffer se uitrustings?

Lees ook

Amal Clooney slaan net asems weg

Wat?! Kyk hoe dra Gigi Hadid haar belt …

’n Nuwe top, onder ’n minuut