FOTO: Instagram @chungalexa

FOTO: Instagram @chungalexa

Modestories

Dié 4 mode-trends is nou gróót

Modes op die winkelrakke word reeds stelselmatig vervang met volgende seisoen se items – wat ook beteken dat daar baie einde-van-die-seisoen-uitverkopings is! As jy nou koop, moenie net op die lae winskopie-pryse fokus nie: kyk ook uit vir dié 4 trends, want dis nou groot én gaan volgende seisoen steeds in wees.

#1 Valle

Valle, valle, valle – maak nie saak of dit rompe, rokke, hemde of broeke is nie. Valle gaan die strate oorheers.

 

#2 Fluweel

Ja, ons het dit lankal voorspel, maar kyk uit: dié materiaal gaan nog die nuwe kant word.

#3 Aand(dag)rokke

’n Rok word nie meer aan tyd gekoppel nie – o nee, ’n aandrok kan jy ook in die dag dra. Die beste manier om jou aandrok vir die dag te “neutraliseer”, is om ’n hemp of wit T-hemp daarby te dra.

#4 Blokkiespatroon (gingham)

Nee, hierdie gewilde motief is nie meer net iets vir Sondag se piekniekkombers nie. Dit is nou vuurwarm!

Hou jou oë mooi wyd oop, want met dié trends gaan jy ’n tree of wat vorentoe in die modekoor stap …

Lees nou

Opmars van die maksiromp

Trui-trends vir winter 2016

Sportklere hoogmode onder bekendes