Modestories

Stileer juwele só en laat die koppe draai

Raadop en poegaai, want jy weet nie hoe om jou juwele te dra nie? Die geheim is balans. Die ontwerper Coco Chanel (1883-1971) het nie verniet gesê nie: “Voor jy die huis verlaat, kyk eers in die spieël en haal een item af.” En tot vandag toe kan jy maar haar raad volg. 

Juwele is daar om jou uitrusting op te kikker. Maar as jy dit nie reg dra nie, kan dit ongelukkig heeltemal die verkeerde effek hê.

Modestorie van SARIE April 2015. Foto: Justin Badenhorst van Supernova.  Model: Sonja van Outlaws

Modestorie van SARIE April 2015. Foto: Justin Badenhorst van Supernova. Model: Sonja van Outlaws

Kliek hier vir die nuutste juweeltendense

So kies jy jou oorbelle:

Los hare
Wanneer jy jou hare los dra, het jy nie oorbelle nodig nie. Jou hare gaan die meeste van die tyd daaroor hang. Jy kan wel oorbelle dra as jy jou hare na die een kant toe los dra, of as jy dit agter jou ore dra. Kleiner oorbelle werk die beste by dié voorkoms.

Vasgebinde hare
Dra groot oorbelle as jy jou hare vas dra, want dit sal die aandag na jou gesig lei.

Oorbel-en-halssnoerkombinasie

’n Bonkige halssnoer doen reeds die praatwerk, dra liefs kleiner oorbelle of geen oorbelle.

Die teenoorgestelde geld vir ’n fyn halssnoer: dra dan weer groot, bonkige oorbelle.

Wenke met halssnoere

#1 Indien jy ’n hemp toeknoop tot bo, dra ’n bonkige halssnoer wat teen die kraag lê.

Modestorie uit SARIE Maart 2014 uitgawe. Foto: Francois Visser Model: Katryn Kruger van Contact Models

Modestorie uit SARIE Maart 2014 uitgawe. Foto: Francois Visser Model: Katryn Kruger van Contact Models

#2 Laag-op-laag-halssnoere is nou gróót. Dra ’n kombinasie van fyn halssnoere saam.

#3 Wanneer jy ’n rok, top of bloes met ’n besige patroon dra, sal ons aanbeveel jy vermy ’n halssnoer en fokus liewer op ander juwele. Hoekom? Die halssnoer verdwyn op die patroon.


Juweel-idees by verskillende halslyne en bo-stukke:

Neklyne en juwele

 

Balanseer jou juwele reg en sien ’n blinker toekoms vir jou uitrustings.

Kyk in die galery na die nuutste juwele

Halssnoerstel

Halssnoere, Woolworths

Tossel-oorbelle

Oorbelle, Woolworths

Swart knoppie-oorbelle

Oorbelle, Mimco by Woolworths

Halssnoer van tou

Halssnoer,Pichulik

Oorbelle

Oorbelle, Witchery by Woolworths

Halssnoer

Blomme-halssnoer

Zara

Bonkige halssnoer

Halssnoer, Mimco by Woolworths

Eenstuk

Eenstuk, H&M

Top

Top, H&M

Top met blinkers

Top, H&M

T-hemp

T-Hemp, H&M

Kantbloes

Bloes,H&M

Kakie hemp

Hemp, H&M Conscious

Oorvou-bloes

Bloes, H&M

Oopskouer-eenstuk

Eenstuk, H&M