Modestories

Laat jou bene langer lyk met dié stewels

Met winter wat stadig maar seker tot ‘n einde kom in die Noordelike Halfrond, en ons koue seisoen wat vinnig nader, het ons bietjie gaan loer wat die bekendes daar aan hul voete dra om warm te bly. En sowaar, hoëbeen-stewels is oral te sien! Van bekende modelle soos Gigi Hadid en Alessandra Ambrosio tot aktrises soos Kate Bosworth en Rosie Huntington-Whiteley lyk sensasioneel in dié stewels.

FOTO: Instagram @streetstyleinspiration

FOTO: Instagram @streetstyleinspiration

Hoëbeen-stewels is gróót vir die komende winter en dis beskikbaar in ‘n verskeidenheid style, kleure en materiale

5 droom-enkelstewels wat jou sak pas

Die voordeel van die hoëbeen-stewel is dat dit jou bene langer laat lyk. Jy kan dit ook sonder kouse saam met ‘n kort rok dra, soos die bekendes hieronder. As jy dan nog koud kry, moet jy maar jou sykouse nadertrek vir ekstra hitte.

Kyk net hoe mooi lyk die volgende bekendes met hulle hoëbeen-stewels:

Dra hoëbeen-stewels so:

Dra dit bo-oor jou noupassende jeans.

Saam met ‘n asimmetriese romp.

Dra dit saam met plooie.

Vir ‘n moderne voorkoms, dra dit saam met ‘n moulose jas.

 

Stel jy belang in dié stewels? Koop hier vir jou ‘n paar:

Hoëbeen-stewels van swart suède

Taankleurige hoëbeen-stewels van kunssuède

Stewels, Mr Price/ mrp.com

Kunsleer-stewel

Rondetoon-stewels , Plum by spree.co.za

Taankleur stewels

Stewels , Plum by spree.co.za

Hoëbeen-stewels

Stewels , Kurt Geiger by Spitz