FOTO: Unsplash deur Ezra Jeffrey

FOTO: Unsplash deur Ezra Jeffrey

Modestories

Lyk skraler in ’n japtrap, sónder ’n dieet!

Om maer te word, gebeur nie oornag nie. Dis ’n proses. My raad is altyd “if you’ve got it, flaunt it”, maar ’n vrou bly ’n vrou! Ons wil altyd die mooiste en maerste lyk, op die vinnigste en maklikste manier, sónder om soetgoed uit te sny.

 ’n Paar geheime hoe om “oornag” skraler te lyk

#1 Vlootblou-en-swart

Vlootblou is beslis ’n groot trend dié winter. Kombineer jy dit met swart, het jy ’n besonder vleiende uitrusting.

WENK: Donker klere lê minder klem op jou kurwes.

#2 Stileer jou baadjie of jas met ’n belt 

’n Baadjie of jas kan jou breër laat lyk, veral wanneer dit ’n bonkige item is. Met ’n belt beklemtoon jy jou middel en gee jou figuur só ’n beter vorm.

#3 Hoëmiddel-langbroeke

’n Langbroek met ’n hoë middellyf beklemtoon jou middel en die langer broekspype laat jou bene langer en skraler lyk. Die uitklokbroek en wyepypbroek is ’n groot tendens vir dié winter.

WENK: Indien jy baie selfbewus is oor jou kurwes, dra hoëmiddel-langbroeke in ’n donker kleur en vermy eerder ligte kleure en patrone!

 

#4 Wys wat jy het (cleavage)

Trek die aandag na jou borsbates (cleavage) en lei só die aandag weg van die dele wat jy nie wil beklemtoon nie. Onthou tog net dat ’n lae halslyn nie van pas is vir die kantoor nie …

 

#5 Kleurblok (eenkleurig)

As jou hele uitrusting een kleur is, lyk jy outomaties maerder. Dis ’n baie vleiende voorkoms.

WENK: Indien jy jou uitrusting wil opkikker, dra bykomstighede, skoene of juwele in ander kleure.

 #6 Vloerlengte-jas

’n Lang jas laat jou langer lyk. Dit skep ’n skraler silhoeët, want dit laat die oog van jou kop tot jou toon beweeg.

WENK: Noupassende jeans en ’n vloerlengte-jas is ’n wenkombinasie!

#7 Vertikale strepe

Dié strepe is die vleiendste patroon vir enige vrou. Dit laat jou baie skraler en langer lyk.

#8 Naakkleurige skoene (nude)

Dié skoene laat jou bene onmiddellik skraler en langer lyk en plaas nie klem op jou enkels nie.

Kyk net hoe dra Kate Middelton haar naakkleurige skoene

WENK: Naakkleurige skoene pas by die meeste uitrustings en is veral ’n uitstekende keuse vir somer.

#9 Steek jou hemp net gedeeltelik in

Dit vorm ’n illusie wat jou maag platter laat lyk.

#11 Oorgroot bonkige trui

Die trui laat jou skraler voorkom, veral as jy ’n noupassende item aan die onderkant dra.

WENK: Manstruie is gewoonlik baie gemaklik en dis meestal ordentlik oorgroot en bonkig.

Onthou, as jy enigsins twyfel oor jou uitrusting, is die goue reël: Hoe groter die afstand wat jou oog op en af beweeg, hoe skraler sal jy vertoon.

Skraal, skraler, skraalste – volg ons “geheime” hierbo en laat die koppe draai!

Laat jou bene langer lyk met dié stewels