FOTO: Simon Deiner / SDR Photo

FOTO: Simon Deiner / SDR Photo

Modestories

Matriekafskeid 2013: Wenke en inspirasie vir die meisies

Die matriekafskeid is weer om die draai. Dis tyd om die swart skoolskoene uit te skop en die hakskoene nader te trek. Hier is wenke en inspirasie vir jou spesiale aand. 

Weg is die dae van oorgroot valle, pofmoue en ma se oogskadu wat dieselfde kleur as jou rok is. Deesdae is rokke meer gesofistikeerd en vroulik. Of jy nou ‘n romantiese voorkoms wil skep of wil uitstaan met ‘n sterk en treffende rok – die keuse is joune.

Hou dít in gedagte

Dit is nie net die styl van die rok wat jou liggaamsbou moet komplementeer nie, dit is ook die materiaal wat jy kies.

Materiale soos satyn en sy het die neiging om elke kurwe te aksentueer, veral as dit ‘n nousluitende styl is. Onthou, dit is steeds ‘n skoolgeleentheid!

Bestee eerder ‘n bietjie meer geld om materiaal van ‘n hoë gehalte te koop. Goedkoop materiale kan soms goedkoop lyk en klou snaaks aan die lyf.

Stylvol en modern vir sý matriekafskeid – raad vir die seuns!

Moet jou nie vasstaar teen die idee van ‘n lang rok nie. Deesdae dra al hoe meer meisies korter rokke – iets wat jy weer later kan dra. Dit kan prettig en modern lyk, en met die regte bykomstighede kan dit net so sjiek en elegant soos ‘n lang aandrok lyk.

Die korset en A-lyn-romp

Die rok met die korset-bostuk en ‘n wye romp is tydloos, vroulik en vlei die meeste figure.

Fundudzi

 

 

 

 

Fundudzi by die SA Modeweek 2013

John Rocha

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

John Rocha by die Londense Modeweek 2012

 

 

 

 

Die nousluitende rok

Noupassende rokke lyk grasieus en sensueel en skep die illusie van ‘n uurglas-figuur. Dié styl is nie so vergewensgesind teenoor alle figure nie, bly dus weg van dié patroon as jy nie ál jou bates wil beklemtoon nie.

 

 

 

 

Bianca Warren by die SA Modeweek 2013

 

Gert-Johan Coetzee

 

 

 

 

 

 

Gert-Johan Coetzee by die SA Modeweek 2013

 

 

 

 

 

 

 

Die metaalkleurige rok

Skitter in ‘n metaalkleurige rok, maar moenie die bykomstighede oordoen nie. Blink juwele kom té besig voor saam met dié rok. Die rok moet die fokuspunt wees.

Lees meer oor hoe bekoorlik jy in een van Malcolm Klûk en Christiaan Gabriel du Toit se ontwerpe kan lyk

Sass&Bide by die Londense Modeweek 2013 Sass&Bide

Donker rok

Met ‘n donkerkleurige rok kan jy nie ‘n fout maak nie. Dis verslankend en is tydloos, klassiek en elegant vir die aand. Dra helderkleurige bykomstighede om die aandag op jou uitrusting te fokus.

ISSA London

 

 

 

Issa London by die Londense Modeweek 2012 

Colleen Eitzen

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Colleen Eitzen by die SA Modeweek 2013

 

 

 

 

 

 

Helder rokke

Helder kleure is nou hoogmode! Dis meer waaghalsig, maar hoekom nie jou skoolloopbaan groet met ‘n sterk, opvallende voorkoms nie? Jy sal beslis tussen die res uitstaan.

Issa London by die Londense Modeweek 2012 ISSA London
Milq&Honey Milq&Honey by die Mercedes-Benz-modeweek in Kaapstad 2013

Patrone

As ‘n helder kleur vir jou te oorweldigend is, oorweeg ‘n rok met ‘n interessante motief daarop. Dit is stylvol en modern en sorg steeds dat jy die aandag trek.

Sass&Bide

 

 

 

 

Sass&Bide by die Londense Modeweek 2013 

Black Coffee

 

 

 

 

 

 

Black Coffee by die SA Modeweek 2013

 

 

 

 

 

 

Interessante bykomstighede

Om pragtig te lyk op jou matriekafskeid hoef nie ‘n fortuin te kos nie. ‘n Rok met ‘n simplistiese ontwerp kan maklik opgekikker word met juwele en ‘n paar swierige skoene. Wees kreatief en sit ‘n belt om jou middel of ‘n strik in jou hare.

Ons top-5-rokke by MTV-musiekvideo-toekennings

Bianca Warren Bianca Warren by die SA Modeweek 2013

Alle foto’s verskaf deur Simon Deiner/SDR Photo

Die mooiste hakke in SARIE se aanlynwinkel. Klik hier!

Skryf hier in vir SARIE se Matriekafskeidrok van die Jaar 2013-kompetisie!