sr1009mode01
Modestories

Modes vir melkskommel dae

WYE KRAAG (foto bo)
Dis ‘n vleiende snit vir die meeste van ons.

Rooi rok met wye neklyn van katoen (R320), Foschini. Beige wighakskoenne van kunsleer (R529), Zoom. Metaal armband met swart stene (R150), Lulu Belle. Geweefde palmhandsak van linne en katoen (R349), Accsessorize.

Grootes:
Rok
: 6-16

Mode-sessie: September 2010

 


 

Swart tregterbroek (R599), Oaktree @ Stuttafords.

TREGTERBROEK

Die tregterbroek, ‘n groot gunsteling uit die 80’s is terug. Dra dit saam ‘n T-hemp of moulose toppie.

Swart tregterbroek (R599), Oaktree @ Stuttafords. Groen T-hemp van katoenmengelstof (R249), Trenery @ Woolworths. Swart en wit zebra-patroon serp (R149), Claire’s. Rooi hoëhakskoenne van kunsleer (R375), Woolworths. Appelring van geelkoper (R480), Mungo & Jemima

Groottes:
Broek: 32-42
T-hemp: XS-XXL

VOLROMP

Die styl-ikoon Grace Kelly se gunsteling – vleiend vir alle figure.

Groen volromp van viskose (R399), Slick. Vlootblou-en-wit polkakol-bloes van chiffon (R495), Wild Orchid. Aanknip oorbelle met vrugtemotief (R120), Paisley’s. Vlootblou ooptoon-espadrille (R299), Trenery. Roomkleurige belt van leer (R550), Pringle.

Groottes:
Romp: M
Bloes: S-L

EENSKOUER

Hierdie assimetriese lyn top is ideaal vir warmer dae.  

Swart eenskouer top met versiering (R399), Forever New. Rooi kortbroek van katoenmengelstof (R399), Trenery. Swart-en-wit polkakol-serp van sy ( R149), Accsessorize. Silwer oorbelle uit die 60s (R695), Paisley’s.

Groottes:
Top: 6-16
Broek: 6-16

POFMOUE

Die klem val steeds op die skouers hierdie lente.

Pofmoue bring balans aan ‘n figuur met breë heupe. Blou rok met pofmoue van katoenmegelstof (R690), Jo Borkett. Gekleurde armbande (R120 vir ‘n stel van 9), Lulu Belle.

Groottes:
Rok: S-L