FOTO: Jessica Alba op Instagram @jessicaalba

FOTO: Jessica Alba op Instagram @jessicaalba

Modestories

Meng patrone soos Jessica Alba

Jessica Alba is beslis die koningin as dit kom by die meng van patrone. Ons almal is effe bang om dié gewaagde trend aan te pak en kort raad, want jy kan so maklik heeltemal uit die modebus val as iets skort!

 

SAARTJIE styl

Volg hierdie wenke en jy kan in Jessica se voetspore volg:

#1 Pleks van ’n effekleurige hemp of -top by ’n patroon-item, kies eerder ’n bo-stuk met  ’n strepie of fyn patroon.

#2 Luiperdvel en strepe is neutrale opsies, m.a.w. jy sal nie verkeerd gaan met dié twee opsies nie. Die twee patrone pas basies by enige patroon.

 

#3 Dra die omgekleurde van die kleure, byvoorbeeld ’n wit top met breë strepe pas goed by ’n swart romp met fyn wit strepe.

#4 As die hoofkleur van albei items dieselfde is, is dit makliker om dit met mekaar te meng.

#5 Speel met die grootte van die verskillende patrone. ’n Fyn ruitpatroon (gingham)  werk met ’n groter ruitpatroon, of ’n dun strepie lyk goed saam met dikker strepe.

#6 Meng kontrasterende kleure – geel en pers, blou en oranje, rooi en groen, en die nuutste is rooi of marsala met ’n ligte pienk.

#7 ’n Goeie opsie is om pastelle te meng, metaalkleure te meng en neutrale skakerings te meng.

#8 Grafiese patrone gaan altyd mooi by mekaar (jy kan nooit verkeerd gaan deur wit en swart patrone te meng nie).

Nog wenke

  • Kyk na hoe die winkelpoppe gestileer is
  • Koop items wat reeds uit gemengde patrone bestaan
  • Kyk hoe bekendes, asook die mense op straat, dit doen
  • Begin klein – dra ’n patroonrok met ’n patroonhandsak of -serp