Modestories

Wie is SA ontwerper Michelle Ludek?

Michelle Ludek se groot leerskool was by ‘n groot Kanadese winkelgroep as senior-ontwerper vir vyf jaar lank. Dis juis hier waar sy wêreldwyd gereis het op soek na die nuutste trends en inspirasie vir dié groep se nuwe reekse. Maar Suid-Afrika het geroep en sy het teruggekeer huis toe.

Haar eie pasklaarreeks is vandag by top-boetieks en uitsoek-winkels, soos SARIE se aanlynwinkel, beskikbaar. Dié wat altyd Kamersvol Geskenke bywoon sal haar ook ken.

Die Michelle Ludek-‘stempel’ is tydlose klere van gehalte-materiaal vir die moderne vrou. Haar klere is vroulik en vleiend met ‘n informele sjiek-gevoel.

‘n Sagte kleurpalet is haar eerste keuse, maar is nie bang vir ‘n tikkie uitspattigheid met helder kleur nie. 

* Koop Michelle Ludek by SARIE se aanlynwinkel.

* Vandag se Michelle Ludek-slimkopie is die Belinda-rok (R595) – Perfek vir meng-en-pas. Koop dit individueel, of saam met die ander items in die reeks.

Dis ‘n super-slim item wat klerekas-beplanning soveel makliker maak.

Belinda-rok deur Michelle Ludek

  • Adell

    Hallo

    Ek sal graag van jou produkte wil koop. Is daar enige winkels in George wat dit aanhou?

    Groete