screen_shot_2013_07_01_at_12.31.30_pm
Modestories

Michelle Obama se stylvolle besoek aan Afrika + kry haar styl!

Michelle het haar man, die Amerikaanse president Barack Obama, bygestaan tydens sy amptelike besoek aan Afrika. Hulle was reeds in Senegal en Suid-Afrika en vertrek vandag na Tanzanië. Hul dogters, Malia en Sasha, is ook saam op reis – en soos gewoonlik lyk Michelle stylvol in enige situasie. 

Danksy sosiale media soos Michelle se nuwe Instagram-profiel kan ons ook sien wat agter die skerms gebeur. Hier is ‘n paar van haar foto’s tot dusver van hul Afrika-besoek:

Michelle Obama se eerste Instagram-foto. Dis geneem by 'n meisieskool in Senegal.

FOTO: Michelle (middel) en Malia (tweede van links) tydens ‘n skoolbesoek in Senegal

Michelle Obama op Goree Eiland

FOTO: Michelle lyk stylvol terwyl sy kunstenaars ontmoet op die eiland Goree

Michelle Obama spreek studente toe hier in SA

FOTO: Michelle spreek studente in Johannesburg toe

Michelle het die volgende boodskap aan studente in Johannesburg oorgedra:

As president Mandela al die jare in die tronk steeds aan ‘n visie vir dié land kon vasklou, kan jy sekerlik aan jóú hoop vir jou eie toekoms vashou. Jy moet alles in jou vermoë doen om die geleenthede aan te gryp waarvoor hy geveg het

Kyk ook hier na die inspirerende toespraak wat president Obama aan die Universiteit van Kaapstad gelewer het.

Die Obama-gesin op Robbin Eiland

FOTO: Die Obama-gesin op Robben Eiland

Kry Michelle se styl binne die SARIE-winkel

Two-tone Jacket

Die “Two-tone”-baadjie van YUKA

 

Gold Pocket Jacket

Die “Gold Pocket”-baadjie van Crave

Travel Cardigan

Travel Cardigan” van Nucleus

‘n Bloes met ‘n strikkraag is klassiek en pas by die Sestiger-modegier wat dié winter groot is.

“Pussy Bow”-bloes van Friede-Mari Kellerman

"Pussy Bow"-bloes

Mock-wrap Blouse

“Mock-wrap”-bloes van Crave   

"Lattice" detail tuniek

“Lattice-detail”-tuniek van Crave

Full Circle Skirt

Full-Circle”-romp van Lunar  

Sigaretpyp broekSigaretpyp broek van Label Femme

Vul jou uitrusting aan met die bykomstighede:

Ziggy Pumps

“Ziggy Pumps” van ER Collection

‘n Hofskoen is klassiek en stylvol, veral as jy dit kombineer met ‘n potlood-rok:

Hofskoen

Hofskoen van Footwork    

Black Patent Court Shoes

“Black patent”-hofskoen van Gino Paoli

“Pencil dress with missoni tie” van Thula Sindi

Potlood-vorm rok