Winter 2012: Mode en skoonheid in die 70's
Dit was klokbroeke, platformskoene en Farrah Fawcett-hare. Ons is weer daar – dié keer met helderder kleurkombinasies en sonder hippie
DIE INSPIRASIE





Die 70’s sal onthou word vir onvergeetlike gebeure. Die oorlog tussen Amerika en Viëtnam het tot ’n einde gekom, Richard Nixon het bedank, Elvis is dood, en Star Wars het verskyn. Pret en perms was in; die vervelige was uit!
IN DIE WINKELS
(Sien hooffoto)
Die 70’s-styl laat ons met nuwe oë kyk na wyepypbroeke, sagte bloese, A-lynrompe, pelskrae op jasse en baadjies, en laaste maar nie die minste nie die breërandhoed. Speel met teksture en kleure.
Chiffon-bloes met polkakolle (R380), Traffic. Wyepypbroek van mengelstof (R750), Christopher Strong. Stapelhakskoene van kuns-suède (R299), Queenspark. Jas met belt en kunspelskraag (R2 799), Mari and Me.
Nou te koop in die Sarie.com Winkel

Oorvoubelt (R99), Intershu

Madrid-stewels (R2 490), Errol Arendz

Ruiterhandsak (R1 500), Marion and Lindie
In ander winkels


- Ava-bloes van georgette (R550); Vlootblou noupassende romp van viskose (R500), Marion and Lindie; Halssnoer met pouvere (R149), Accessorize
- Vlootblou-en-polkakol-chiffonbloes met strikdetail (R380), Traffic; Roomkleurige wyepyp-katoenbroek met plooie (R999), 46664; Dun leerbelt (R299), Slick


- Veelkleurige serp met tossels (R235), Metallic Mermaid
- Bruin plastiekraam-sonbril (R349,95), Mango


- Taankleurige insteek-hakskoene van leer (R999), Nine West
- Kameelkleurige Mary Jane-hakskoene van kuns-suede (R360), TRUWORTHS


- Mosterdgeel skouer-handsak met gespe-detail (R280), Babette
- Geelbruin breë plastiek-armband (R99), Accessorize


- Gestreepte oopknooptrui (R260), Milady's; Vlootblou deursigtige kortmoubloes met strikdetail (R180), Babette
- Oopknooptrui (R299,95), Mango; Langmou-T-hemp (R199), Milady's; Lang knielengte potloodromp (R799,95), Mango; Plastiekkrale (R98), Metallic Mermaid
IN JOU GRIMEERSAKKIE
![]() |
![]() |
| Dié naellak hou! Yves St. Laurent La Laque in Black Lapis (R275) |
Streel jou gemoed met Dior Vernis in Waterlily (R235) |
![]() |
![]() |
| Diep kleur in langdurige dra, Les Jeans de Chanel in Blue Boy |
Sakpas-kleur, Mavala Nail Color Cream in Cyclades Blue (R60) |









































Kommentaar