FOTO @gigihadid_instagram

FOTO @gigihadid_instagram

Modestories

Die mode-dilemmas wat niemand wil erken nie

Jy is skaam om dié mode-dilemmas te erken, maar tog is dit iets wat elke vrou sal herken.

Om mooi te lyk was nog nooit maklik nie, maar elke vrou kan ’n goeie poker face opsit. Ja-nee, soms bevraagteken ek self my modekeuses, maar tog laat ’n kompliment of twee jou vergeet van die krisis wat jy het.


#1 Grimering op jou hemp se kraag

Eina. Ons almal het al grimering op ’n spierwit hemp gekry, maar hoe kry jy dit uit? Ek gebruik gewoonlik Sunlight Liquid of Handy Andy vir my wit klere. Sunlight Liquid speel ook klaar met vetkolle.

#2 Dit is vriesend koud, mode is die laaste ding waaraan jy dink

Dis yskoud en jy het so baie lae klere aan, jy voel soos ’n gestopte wors. Niemand wen die styl-toekenning nie, nie eens die stylvolste straatstyl-bloggers nie!

#3 Spanx is nie altyd ’n vrou se beste vriend(in) nie!

Ons weet almal dat dié onderklere die beste ding ooit is naas ’n winkelgesnyde brood. Wat is nou beter as wanneer jou vriendinne jou komplimenteer oor hoe fantasties jy lyk? Jou geheim is die vormdrag wat alles ferm hou. Ons grootste probleem is wanneer die natuur roep. Help! Ons weet nie hoe om met Spanx te piepie nie! Weet jy?

#4 Hoë hoogtes kan pynlik wees!

Hakskoene sal nooit gemaklik wees nie! Ons verstaan tot vandag toe nie hoe Victoria Beckham dit reggekry het om met haklose hakskoene te loop nie en hoe Lady Gaga geloop kry in haar hoë hakskoene nie (as sy val, gaan sy hard val!).

#5 Kreukel-krisis

Klere gaan kreukel deur die dag, of jy sit, staan of loop daarmee. Almal kry gekreukelde dae!

#6 Jou handsak is voller as ’n taxi op die N2

Die meeste vroue oorlaai hul handsakke. Ongelukkig is dit een van daardie dinge, ons hou daarvan om ons hele lewe aan ons arm te dra. Maak nie saak of die gewig jou arm laat voel asof dit afbreek nie. Jy is dus nie die enigste een wat sukkel om iets in jou handsak te vind nie. Die ergste is dat jy die meeste van die tyd die helfte van die goed in jou handsak nie eens nodig nie het nie.

 

Het jy enige mode-dilemmas? Laat weet ons gerus.