Katryn Kruger in 'n SARIE 2013 mode storie. Fotograaf: Caroline McClelland van Supernova

Katryn Kruger in 'n SARIE 2013 mode storie. Fotograaf: Caroline McClelland van Supernova

Modestories

MODE: Dis tyd om reëls te breek

Ja, jy hoor reg! Streng modereëls van ouds tel glad nie meer nie. Ons lewe in ’n nuwe era, waar sweetpakbroeke (joggers) in die openbaar aanvaarbaar is en jy jou kêrel se jeans kan dra sonder om onversorg te lyk.

Só breek jy die modereëls:

#1 Rooi en pienk

Dié twee kleure is nou ’n wenkombinasie! Of dit wynrooi, rooi, ligpienk of donkerpienk is, maak nie saak nie. Dra dié kleure saam as jy wil aandag trek en as jy hou van ’n mooi uitrusting. Verby is die dae dat jy dit nie saam “mag” dra nie.


#2 Vlootblou en swart (so ook bruin en swart)

Ons kan nie gló dat dit verbode was om dié kleure saam te dra nie. Vir ons is dit so ’n stylvolle kombinasie.


#3 Jy mág patrone meng

Mode is soveel pret! Waag ’n bietjie en dra patrone saam. Die goue reël is dat daar minstens een gemene kleur is in die patrone wat jy meng.

Meng patrone soos Jessica Alba


#4 Jy mág teksture meng

Dis beslis nie taboe nie. Inteendeel, die meng van teksture is ’n baie groot tendens. Dra jou leerromp met ’n bonkige woltrui daarby. Of jou kantbloes by ’n suède-romp. Asseblief, speel na hartelus met teksture!


#5 Denim op denim

Die enigste mense wat nié denim-op-denim-uitrustings mag dra nie, is Justin Timberlake en Britney Spears (sien foto ondertoe).

Só dra jy die voorkoms stylvol:

Só doen jy dit nie:


#6 Blinkers vir die dag

Jy mag deur die dag kraaie lok! Blinkers is gróót, moenie dit bedags afskeep nie.

Uitrustings vir uitblink

Embed from Getty Images


#7 Kant, al is jy nie ’n bruid nie

Kant is nie net daar vir jou troudag nie! Selfs nie eens net vir die aand nie. En met die Victoriaanse bloes wat gróót is vir winter 2016, kan jy dit lekker informeel dra saam met jou gunsteling-jeans.

Hoe voel jy oor dié reëls? Of verbreek jy dit al lankal?

  • Leoni Du Preez

    Julle modesmaak suck ….