sr1005mode01_crop
Modestories

Knus gebrei

BARET

Vat breistowwe kop toe met ‘n Franse aanslag.

Grys gehekelde baret (R299), Accessorize. Borsspeld met pers glasstene (R175), Lulu Belle. Roomkleurige katoenhemp met plooi-detail (R475), Daniel Hechter @ TRUWORTHS. Nousluitende pers fluweelbaadjie (R1 995), Aftershock.

Hemp: groottes 30 – 42
Baadjie: S – L

 

‘Die snoesige trui is ‘n wintermoet, fyn of met tekstuur-detail. Dis ideaal by jeans of ‘n spanbroek.’ – Sandy Rodgers, uitvoerende bestuurder: Edgars Trend & Design.

 

 

Mode-sessie: Mei 2010

 
Rok

ROK

 

 

Die geheim van die gebreide rok? Hou die lae daaronder eenvoudig. Interessante bykomstighede maak die voorkoms modern.

 

Grys sjaalkraag-rok van viskose-mengelstof (R699), Oaktree @Stuttafords. Grysmaasstof-top (R250), Nicci Boutique. Rooi baadjie van wolmengelstof (R970), Nicci Boutique. Swart gestreepte patroonkouse (R59,95), Falke. Rooi belt van volstruisleer
(R1 473,44), Cape Cobra. Swartenkelstewels van kunsslangvel (R500), Levi’s @ Footwear Trading.

 

Rok: groottes S – XL

Top: S – L

Baadjie: S – XXL

  TRUI MET ‘N BELT

 

 

So ‘n trui gee panache aan enige uitrusting.

 

 

Swart kortmoutrui met belt (R229,95), Kelso Casual @ Edgars. Viskose-top met blompatrone (R1095), Aftershock.Swart broek (R329,95), Charter Club @ Edgars. Rooi geruite syserp (R75), Lulu Belle.

 

Trui: groottes 6 – 16

Top: S – L

Broek: 8 – 18

 

 

 

 Kabel-detail  

KABEL-DETAIL

 

Vertikale kabels is verslankend en bessiekleure maak die winter warmer.

 

Pers trui met kabelpatroon (R599), Slick. Pienk langmoutop van katoenmengelstof (R599), Sissy Boy. Pers kunspêrel-enkrale-armband (R595), Aftershock. Grys leerhandskoene (R449), Trenery @ Woolworths.

 

Trui: slegs grootte M

Top: S – XL

 Blink versier  

BLINK VERSIER

 

‘n Glansryke voorkoms ideaal vir skemerkelkies.

 

Swart oopknooptrui met krale-afwerking (R179,95), Meltz. Swartmaasstof-top met fluweel-kraag (R1 650), Carducci @ Stuttafords. Grys wyepyp-linnebroek met plooi-detail en potloodstrepe (R599), Wild Fig. Pienk palmhandsak van volstruisleer (R14 550,98), Cape Cobra. Deursigtige swart kouse (R59,95), Falke.

Swart balletstylskoene van satyn (R199), TRUWORTHS.

 

Trui: groottes XS – XL

Top: 30 – 42

Broek: 32 – 38

 Tweelingstel  

TWEELINGSTEL

 

Die nuwe watervalbaadjie van breistof is vleiend om die middellyf.

 

Pers tweelingstel van wolmengelstof (R1 990), Errol Arendz. Roomkleurige potloodromp van katoenmengelstof (R350), TRUWORTHS. Tweekleur hofskoene van kunsleer (R799), Aldo. Swart kouse met diamantpatroon (R70), Cameo @ Burhose. Roomkleur-en-grys pêrelhalssnoer (R1 320),Trinity. Wynrooi kunsleerbelt (R299), Slick.

 

Tweelingstel: groottes32 – 42
Romp: 30 – 42

   

POLONEK

 

Dis ’n wenner van winter tot winter. Dra een onder ’n patrone-rok vir sjiekvroulikheid.

 

Swart polonektop van katoenmengelstof (R399,95), Mango. Pienk blompatroonrok van sy-chiffon (R2 390), KLûK CGDT. Roomkleurige woljas (R3 150), Carducci @ Stuttafords. Goudkleurige kunsleerbelt met klinknaels (R180), Tessa Design. Goudkleurige kettinghalssnoer met blaar-detail (R299), Paisley.

 

Top: groottes S – L

Rok: slegs grootte 34

Jas: 30 – 42

 Handskoene  

HANDSKOENE

 

Lang breistof-handskoenespel “elegant” en is baie treffend by ’n skederok.

 

Swart elmboog-lengte handskoene van breistof (R129), Accessorize. Pers skederok van wolmengelstof (R990), Jo Borkett. Grys jas van wolmengelstof met pofmoue (R540), Foschini. Swart patroonkouse (R70), Cameo @ Burhose. Mauve ooptoonhakskoene van sweedsleer (R999), Nine West. Pers oorbelle met kunspêrels en diamanté (R395), Aftershock.

 

Rok: groottes 30 – 38
Jas: 6 – 16

  • http://fnzyqjiqxrir.com/ dozaavo

    TQHiq9 xflwcltczaps, [url=http://nbaspyqngipx.com/]nbaspyqngipx[/url], [link=http://qjeuqstlwfqe.com/]qjeuqstlwfqe[/link], http://iiqqeetkbusf.com/

  • http://ppsnptiftfsx.com/ pbyovbtdn

    YWKluJ bkpryeohkaiu, [url=http://qadeaeggqxdu.com/]qadeaeggqxdu[/url], [link=http://fwowxnnwgfxr.com/]fwowxnnwgfxr[/link], http://lpsebcrekngm.com/