FOTO Instagram @annakendrick47

FOTO Instagram @annakendrick47

Modestories

Mode-items wat kort vroue moet vermy

Kort is mooi, die geheim is net om die regte klere te dra. 

Die modespan noem ’n paar items wat die korteres onder ons liefs moet vermy indien ons nie nog korter wil lyk nie.

Vermy dié mode-items

#1 Tuniektops

Dit kan jou korter laat lyk, veral as dit te lank is.

 

#2 Rondepunt-hakskoene

Dra eerder skerppunt-hakskoene.

 

#3 Laag op laag

Indien jy dit nie reg doen nie, kan dit lyk of jy verdrink in jou eie klere.

Lees hier vir laag-op-laag-wenke

 

#4 T-hemp-rokke

Dit kan lyk asof jy so kort is dat jy jou T-Hemp as ’n rok dra!

 

#5 Oorgroot handsak

Omdat jy petite en klein is, kan dit maklik soos ’n oornagsak lyk.

 

#6 Boksvormige top

Die naam beskryf die voorkoms wat dit skep.

 

#7 Wyepyp-langbroek

Vermy wyepyp-langbroeke wat te lank is of van ’n pap materiaal gemaak is, want dit kan gou lyk of jy verdrink in jou broek.

Hou SARIE.com dop vir nóg wenke!